AH
Adele H

1 reviews | Active since Jun 2016

08 Apr 2017, 08:09

Lafarge Holcim Lichtenburg

<p> Genade as daar ongelukke kom op LafargeHolcim Lichtenburg moet hulle weet dit is omdat hulle dink mense is robote en hulle besit hulle. Hoe moeg moet een ou wees wat 3 keer deur die dag ingeroep is en dan gaan slaap hy 9pm uur die aand en 11pm word hy weer uit geroep en werk tot 3am en dan weer gebel word om in te gaan 7am. Dit raak nou so belaglik! Die mans word tot op hulle af naweke gebel om 6am die oggend te gaan werk en gesmeek om te kom werk...en dan pay hy nog minder as wat hy laas jaar gepay het want hy het n 2% verhoging gekry maar sy medies en pensioen het alles op gegaan met 7%. Ek is moeg vir die ****..die mans gaan maar net in en werk! Dit is hulle werk en hulle bly stil maar hulle haal dit nie op die werkgewer uit nie maar sy frustrasies kom by die huis uit. Ek werk nie vir LafargeHolcim Lichtenburg nie maar ek is die vrou van n ambags man by hulle. Hulle mense kom glad nie eerste nie. Tot sy verlof is gekanselleer want hy het nog nie n week verlof opgebou nie (nee julle het nie genoeg mense nie want want die helfte van die mense is afgedank en julle verwag nou elke ou moet twee mense se werk doen!) so as sy verlof opbou sal hy in Desember vat en dan sit julle met niemand. My dak gaan inmekaar neek as dit weer reen en my matte is gehawend...en so what...maak nie saak of ek huis by Lafarge huur nie ek moet maar net stil bly. Van n baie gatvol vrou wat afhanklik is van n company wat niks voel vir die mense nie!</p>

0
Replies (0)