RI
René Ingram

1 reviews | Active since Nov 2025

17 Nov 2025, 16:52

Patetiese Swak Diens

Dit is die swakste diens wat ek in n lang tyd ervaar het. Ek het op 12 Junie 2025 my bestelling geplaas vir n paar vellies. Dit was veronderstel om n verjaardag geskenk te wees. Ek het e-posse gestuur, gebel, op hulle aanlyn platvorm n boodskap gelos. Einde ten laaste kon ek per whatsapp op die 10de Oktober 2025 bevestig dat my bestelling nooit gemaak is nie. Daar is gevra dat ek hulle twee weke moet kans gee. Ek het weer opgevolg op die 13de Oktober waarna daar vir my gesê is dat daar vir my terugvoer gegee sou word op die 20ste Oktober. Ek wag al 5 maande vir hierdie bestelling. Dit is absoluut pateties. Ek wens ek het nooit by hulle skoene bestel nie en eerder net vir my vriendin die geld gegee.

0
Replies (0)