1 reviews | Active since Sept 2011
LAAT DIE VOETE KLAP - STUNNING VERBY - MOOOISTE LEER VELLIES
STUNNING VERBY - MOOOISTE LEER VELLIES
Dis my 5de keer wat ek vellies by LDVK bestel het!!! Die vellies wat ontvang is, is van TOP GEHALTE en PRAGTIG verby!!
Hierdie keer is ek 100% tevrede want daar is presies aandag gegee aan die "custom spesifications" wat verlang was met verskillende grotes, snitte asook kleur.
Ek het direk met Rozanne gewerk, bestelling 18 Desember geplaas en 24 Januarie in kennis gestel dat die bestelling klaar is en toe 28 Januarie afgegee by koerier.
Ongelukkig was daar issues by die koerier se locker - MAAR ek moet bysê dat Rozanne my HEELTYD op hoogte gehou wanneer ek navraag doen, sy't selfs vir Bianca ingespan om te help met reelings en terugvoer wanneer sy self nie kon reelings maak agv persoonlike omstandighede buite haar beheer.
Toe die koerier uiteindelik my pakkie ****r 17 Maart - het Rozanne my dadelik in kennis gestel met 'n TRACKING nommer en nog voordat die kennisgewing op my foon gekom het dat pakkie gereed is vir afhaal - het sy my 18 Maart laat weet my skoene is by die LOCKER - EK KAN GAAN AFHAAL.
So die kommunikasie is definitief 100 keer beter as vorige 4 bestellings - en het ons selfs nou 'n "vriendin-verhouding" waar ons oor ditjies en datjies en ons kiddies gesels.
BESLIS sal ek LAAT DIE VOETE KLAP se produk AANBEVEEL - my volgende bestelling is reeds in =)
