1 reviews | Active since Sept 2022
Kwaad verby
Ek het die 14 November 2024, 4 paar skoene by Laat Die Voete Klap bestel en op dieselfde dag die skoene se geld en pudo geld betaal wat R1260-00 was. Die 14 Desember wat toe 'n maand later is wou ek weet wanneer gaan ek my skoene kry wat ek bestel en betaal het. Daar is vir my gese hulle maak die 16 Desember 2024 toe vir Desember vakansie maar dan word al die skoene verpak en die 20 Desember 2024 word dit gecourier. Skoene wat ek bestel het was eintlik vir kers geskenke bedoel gewees. Soja, ons trek nou by vandag die 24 Maart 2025 en nogsteeds het ek nie my skoene ontvang nie. Daar is vir my gese die 17 Januarie 2025 dat daar is van my skoene klaar maar daar is nog 1 paar skoene in produksie. Wat ek nie verstaan nie, die 16 Desember 2024 was al my skoene klaar en sou die 20 Desember 2024 gecourier geword het. So die paar skoene wat nog in produksie is sal nog 'n week vat dan sal my pakkie volledig wees om gecourier te word. Toe word dit gese dit was maar deur mekaar as gevolg van die fees seisoen, en hulle vat 'n vet kans want ek het die skoene die 14 November 2024 bestel voor die fees seisoen. Die 7 Februarie 2024 kry ek 'n voicenote wat se my skoene is is verpak en sal Maandag (10 Februarie 2024) uitgestuur word. Die 20 Februarie 2024 het ek nog nie my skoene ontvang nie. Ek bel hulle weer maar niemand tel die fone op nie en as hulle die fone op tel dan word daar vir jou gese hulle sal jou oor 'n uur terug bel hulle is net gou in 'n meeting of hulle is nie nou op kantoor nie. Daar is altyd die een of ander verskoning. Hulle vra altyd nederig omverskoning. Ek het tot al vir hulle gese hulle moet maar hulle skoene hou, ek soek my geld terug, waarop ek ook nie eers daar 'n antwoord kry nie. Ek raak nou moeg vir hiulle want ek dink hulle is besig om kanse te vat met mense en dit werk nie so nie. Ek sal nie weer by hulle skoene koop nie.
Hulle skoene bly manet die beste en is van goeie gehalte. Ek sal beslis weer by hulle koop in die toekoms.
Hulle skoene bly manet die beste en is van goeie gehalte. Ek sal beslis weer by hulle koop in die toekoms.
