VB
Vivienne B

1 reviews | Active since Sept 2012

26 Oct 2022, 10:16

GELUKKIGSTE MEISIE IN DIE KAAP

Vandag is ek die gelukkigste meisie in die Kaap. Ek het n paar weke terug 6 pare skoene bestel en is vanoggend surprise met die courier wat aan my deur kom klop. Julle kan hierdie grootvoet meisie se opgewondenheid verstaan. Nie enige plek is bereid om jou skoene perfek size te maak nie.

My bestelling was noggal tricky omdat ek baie verskillende kleure en klein details gehad het wat ek op elke skoen gevra het. Mense elke liewe skoen is die regte size , die regte design, elke detailtjie perfek reg soos ek gevra het.

Kwaliteit fantasties. Stikwerk perfek. Elke paar pas my perfek.

Puik diens.

Ek voel super special met my HAND GEMAAKTE skoene.

Sit sommer vandag my bestelling in vir my sandale.

0
Replies (0)