1 reviews | Active since Nov 2016
Diens en vakmanskap pateties!
Hiier volg 'n tydlyn van hoe mens sukkel om jou gied te kry!! 30 Aug bestel 31 Aug betaal 13 September navraag gedoen. Hulle sê hulle sal laat weet sodra hul pakkie stuur. 16 Oktober weer navraag gedoen. Geen skoene. 17 Oktober kon skoene nie afhaal by Pudo want ek het geen info gekry dat dit wel gestuur is of afgelewer is nie. Ek bel SELF courier guy om uit te vind waar ek pakkie kan afhaal. 18 Oktober. Gaan haal pakkie by courier guy. Maak pakkie oop. Een Paar heeltemal die verkeerde grootte skoen. Ek stuur fotos en vra of ek ander Paar kan kry. 20 Oktober. Ek word ingelig dat hul sal moet kyk watter ander Paar beskikbaar is en my laat weet. 23 Oktober. Ek stuur n boodskap om te vra of hul kon kyk. 24 Oktober. Hulle kaat weet daar is nie van die skoene wat ek aanvanklik bestel het nie. Sy sal laat weet watter ander geel skoene daar is. Waarna ek verwys na hul swak diens en my geld terug soek en hul die skoene moet laat haal. 25 Oktober. Ek moet hoor hoe vreeslik besig hulle is. Nogsteeds nie eens om verskoning gevra dat alles so swak is nie. 28 Oktober. Ek vra WEEREENS vir terugvoer op die vorige boodskappe. Hulle sê hul sal n koerier stuur om skoene te laat haal 3 November. Ek vra wanneer hul die koerier sal laat kom. 6 November. Hoor weereens hul sal koerie boek. 15 November . Hulle wil n adres he virboptel van pakkie. Ek stuur boodskap terug om te reel. Geen antwoord. 17 November . Stuur weer n boodskap om te sê ek dink die diens is swak en kry weereens antwoord.
Amper 2 en n half maande....vir n Paar vellies., of eerder...geen vellies.
