LEHB
Levyno En Hannelie Botha

1 reviews | Active since Nov 2017

30 Nov 2017, 08:30

Puik Personeel en Hoof

Kiri-Bienkies het ons laat besef daar is mense wat steeds omgee vir ander en nie net winste najaag nie. Ons moes skielik ons dogtertjie in die kleuterskool sit en die hoof van Kiri-Bienkies het ons baie tegemoet gekom. Ons is van die eerste oomblik af baie welkom laat voel, almal is vriendelik en baie lief vir die kinders. My dogtertjie het op 2 vir die eerste keer skooltoe gegaan en na n week was sy reeds rustig en gelukkig om na Kiri Bienkies te gaan. Dit dui net daarop dat sy gou geliefd en veilig gevoel het by hulle. Dit is n puik skooltjie baie skoon,netjies en veilig en die belangrikste is dat die kindertjies baie gelukkig is daar.

0
Replies (0)