1 reviews | Active since Jun 2018
Swakste diens ooit
Ek is baie ongelukkig en voel ek kan my kar teen n boom vas ry.
My kar was laas maand by hulle met n lys van probleme wat ek vandat ek die kar die eerste dag gekry het oor geklae het. Die kar was al hoevewl keer terug na hulle toe en elke keer moet ek tyd van my nuwe werk af vat en my petrol uit ry sodat hulle my kar kan uitsorteer.
Laas maand toe hy by hulle was het hulle nuwe brieke skoene en dromme agter opgesit, hulle het die ligte wat dood gaan uitgesorteer, die battery moes ek self koop, en so kan ek WEER met die lys aangaan. Die 2de dag na ek my kar van hulle af terug gekry het, het die regter tail light weer dood gegaan en moet ek elke keer weer die lig tap om te werk, ek het n nuwe battery dieselfde dag ingesit wat hulle die kar terug gebring het en steeds as ek die kar start bly die stuurwiel n ruk styf en die kar sukkel steeds om te start en die airbag liggies bly aankom, vanaand toe ek huis toe ry het ek weer amper een groot ongeluk gemaak want ekt nie brieke nie, die linker agter wiel piepie die brake fluid uit, en so kan ek maar net weer aangaan..
Ek verstaan ek het die ****rak geteken om te se die maintenance is vir my onkostes. Ek voel die foute wat die kar het is wat ek die minuut toe ek daar uit ry aan Ansie en Maxie geraporteer het. Ek is vrou aleen met n 6jarige kind wat donker werk toe ry in die oggend en donker huis toe ry in die aande weens my werks ure. Die kar is my enigste vervoer en elke keer wat die kar na hulle toe moet gaan is dit my petrol wat uitgery moet word en dan kry ek n courtesy kar wat amper uit mekaar uit val soos die Tata wat ek laas maand gekry het (hyt nie eers ligte gehad nie en ek het in die donker met hom moes ry).
Die kar is steeds nie reg nie, ek moes omtrent 2maamde wag vir die workshop manager om terug te kom na my toe met reelings oor my kar wat na hulle toe moet terug gaan om reg gemaak te word, die arme service advisor kan niks doen nie want hy kan nie oor die bestuurder se kop spring nie, die service advisor was vaie behulp saam en het regtig probeer om my te help maar die bestuurder bly net se dis omdat ek hulle nie genoeg kans gee om aan die akr te werk nie. Shoe dit vat niks meer as 2 dae om sulke goed uit te sorteer nie ek weet want ek en my eks het ons eie werkswinkel gehad en ek is al n geruime tyd in die motor bedryf.
Ek is jammer maar ek sal die ombudsman ook betrek nou.
Ek sit my hele storie op Hello Peter want eks nou regtig mooi gatvol..
VW Polo met registrasie nommer FP39XBGP
We regret to hear about the problems this client is experiencing.
We contacted Ms Smith and are resolving the issue.
Kilokor Management
We regret to hear about the problems this client is experiencing.
We contacted Ms Smith and are resolving the issue.
Kilokor Management
