1 reviews | Active since Feb 2017
Kia Suid Afrika is nie opgewasse om die voertuie te diens nie!
<p>Dis nou ons 4 de jaar dat ons met 'n Kia Sorento ry, ons het eers by Kia Paarl laat diens, maar na treurige diens het ons geskuif Kia Somerset-Wes toe, daar was ons tevrede aan die begin, maar later het hulle net so sleg geraak en ons het geskuif na Kia Malmesbury, hulle is nou die toppunt van treurigheid!</p> <p> </p> <p>'n Vorige fout kon Kia Somerset Wes eers na 4 keer wat ons die motor moes terugneem (ons woon in Tulbagh) die fout uitsorteer met moeite, hulle hou jou ook nie op hoogte van die vordering nie, ons moes hulle keer na keer s***el en elke keer met 'n ander persoon praat! Hul het nie die part gehad nie en die voertuig was nog binne sy 100 000km diensplan, toe hul ons laat weet die part het gekom, was die voertuig net oor die 100 000km en hul wou nie die part binne die diensplan vervang nie!!! Na baie oproepe, kon ons die voertuig kry en het ons toe nie die rekening gekry nie, want dit was duidelik die tak se fout en hulle het moeilikheid van die "warranty-firma". Met 2 dienste het Kia Somerset Wes nie die diens opgeteken in die voertuig se diensboekie nie en toe ons navraag doen, het die werkswinkel bestuurder ons gerus gestel dat hulle dit op hulle sisteem het, dis geen probleem nie. Nou , minder as 'n jaar later, is daar 'n ander groot probleem (R50 000) op die voertuig, snaaks genoeg, die voertuig was na Kia Malmesbury toe om die 4x4 funksie te hersien wat nie werk nie en toe hy terugkom het hy 'n klap-geluid, wat nou die probleem is. Nou wil die "warranty-afdeling" dit nie dek nie, want daar is 2 dienste nie in die voertuig se boekie opgeteken nie... Die warranty verval nou einde Februarie, nou wie moet nou pa staan vir hierdie "foutjie"?</p> <p>Dis so 'n goeie voertuig, maar nooit nooit ooit koop ons weer enige Kia produk nie!!!! </p>
