1 reviews | Active since Feb 2024
KFC Meyerton
Goeie dag,
Ek het die 7de Februarie 2024 kos online bestel by KFC Meyerton en nooit gekry nie.
Eers het hulle vir my 'n boodskap en email gestuur wat sê hulle het my bestelling gekry en sal afgelewer word. Dink 5min later kry ek weer boodskap en email wat sê "oops we couldnt find a driver for your order so its been cancelled" We refunded your money and depends what bank you are with it could take up to 14 days to get your money".
Dit is glad nie aanvaarbaar nie. Ek het KFC Meyerton gebel en al wat hulle vir my sê is hulle het 'n "error" op hulle systeem gekry en kon nie my bestelling sien nie en daarom is dit gekanselleer. Ek het ook met customer care gepraat en al wat hulle daar kon sê is jammer daar is niks wat hulle daaraan kan doen nie.
Hulle was vinnig genoeg om my geld te vat, maar nou moet ek tot 14 dae wag voor ek my geld terug kry. So ek het nie my kos gekry waarvoor ek betaal het nie en nog minder my geld terug gekry nie.
Ek hoop daar is nie ander mense wat dieselfde deur gaan wat ek nou deur is by KFC Meyerton nie. Hoop iets kan gedoen word omtrent hierdie SWAK DIENS?!
Groete
