1 reviews | Active since Dec 2017
BAIE SLEGTE DIENS
Vanoggend on 07:00 het ek ingeloop by KFC Centurion Cnr. John Voster en Lenchen Ave want die Drive T was toe. Ek was gehelp en het my bestelling geplaas (Dulax Brekkie Box). Dieselfde dame wat my gehelp het met my bestelling het ook gaan help om die kos te maak. Na 'n hele lang ruk se gewag kom die dame terug en sê dat sy vir die eiere, ek het vir haar gesê as dit te lank gaan vat kan hulle die eier los. Toe gaan die dame terug kombuis toe. 'n ander kliênt, hy werk vir G4S, dieselfde ou wat KFC se geld kom af laai het, moes ook roep sodat iemand hom kom help.
Nog steeds het ek staan en wag vir my bestelling sonder dat eenige iemand my gerus stel oor hoe lank dit nog gaan vat. Die ou van G4S het 'n Cuppochino bestel, dit hetr letterlik 3 mense gevat om uiot te figure hoe daardie machine werk. Nogsteed het ek gestaan en wag.
15 min later toe kom die dame wat my gehelp het terug met 'n bestelling maar die verkeerde bestelling. Ek het haar ingelig toe sê sy, sy sal die bestelling gaan oor doen, weereens gestaan en wag. Toe kom sy weer terug en vertel nou wag hulle vir die tjips, ek het my dadelik vererg en binne paar sekondes toe kom toe bestelling daar aan met die tjips waarvoor hulle kamma moes wag. Ek het my bestelling oop gemaak en opgemerk dat my eieir nie op die Dulax burger was nie. sekerlik teen daardie tyd moes die eiere al gaar gewees het.
Ek was nie baie gelukkig nie en die dame het my net gestaar sonder om eenige iets te sê asof sy my vat vir 'n grap. sy wou toe weer die bestelling terug vat maar ek het aangedring op 'n "refund". Sonder eenige verduidliking verdwyn die vrou terug kombuis toe en kom toe terug saam 'n ander vrou met die naam Leboganag. Die einste Leboganag het gevra wat die probleem was toe verduidelik ek haar alles en al wat sy sê is sorry en een of ander flou verskoning kwyt gewraak van een of ander ******* vroeg oggend wat niks met eenige iets uit te waai het nie. Wat gaan Sorry help? toe ek haar vra vir die refund toe vat sy my slippie en gaan staan en praat met die vrou wat my gehelp het in 'n ander taal wat baie disrespekvol is. die gepraat het so aangehou dat nie een eers vir my kan sê wat die plan van aksie is nie. Ek het die dame wat my gehelp het se naam plaatjie gekyk en dit sê Trainee Thand (dit is al wantr ek kon sien want die naam kaartjie was nie volledig nie) Ek het die afskeep bestelling gevat en in my kar geklim en gery. Het nie eers my strokie terug gevra nie so kwaad was ek.
Hoe kan hulle 'n trainee aanstel om mense se bestelling te neem en om kos te maak terwyl die "manager" iewers anders doenig is?
