MS
Marilize S

1 reviews | Active since Nov 2020

09 Nov 2020, 13:13

PATETIESE DIENS

SWAKSTE diens ooit. Die fonds het op 14 Oktober 2020 'n sogenaamde "non-disclosure" ondersoek geloods voor hulle magtiging gee vir noodsaaklike toetse wat ek moet ondergaan. Ek het al telkemale elektroniese en telefoniese navrae gerig oor die pad vorentoe. My e-posse word niksseggend beantwoord en elke keer as ek s***el kort hulle nog dokumentasie voor hulle kan aangaan met die ondersoek. Intussen kan ek nie gaan vir toetse nie, nie korrek gediagnoseer word nie en nie met behandeling begin nie. Maar ek moet steeds my maandelikse bydrae betaal. Ek is SO spyt ons het by hierdie fonds aangesluit. Hulle is gretig om nuwe lede te werf, maar hulle diens is nie-bestaande, hulle het geen empatie nie en weet nie waarvan hulle praat nie. Wanneer enigiemand 'n nuwe mediese fonds oorweeg, skrap KEYHEALTH sommer onmiddellik van die fondse wat julle oorweeg.

0
Replies (1)
Key Health Medical Aid
Key Health Medical Aid's reply09 Nov 2020, 14:04
Official
Goeie dag Marilize Swart, u sal binnekort ge****ak word om die aangeleentheid uit te klaar.
Dankie