JZ
JAN Z

1 reviews | Active since Dec 2016

01 Dec 2016, 08:06

ABSOLUUT ONAANVAARBAAR EN TELEURSTELLEND (LEKKESLAAP/KETTLE'S HOUS GASTE HUIS IN KAMPS BAAI

Hello Peter,

My vrou en ek het 'n troue in die Kaap bygewoon, en plek bespreek deur die Hopelose Agenskap, LekkeSlaap, wat nie hul naam werd is nie. Hulle is "useless", en kan nie gebruik word en vertrou word nie.

Baie gereed om die Geld te ontvang, en daarna verdwyn die " sharme" voor jou oë. Ek is verder oortuig dat hulle geen Gaste huis of verblyf aan hulle web blad gekoppel, gaan inspekteer om seker te maak dat die plek en Foto's wel ooreenstem met dit wat jy as Kliënt voor betaal en na uitsien.

Dit was allermins nie ons ervaring met die Gastehuis in Kampsbaai, met die naam van "Kettle's House". Ons ervaring was 'n totale gemors en teleurstelling, en glo my, nie LekkeSlaap se Reis konsutant, TIMOTHY, was enigsins bereid om sy nek uit te steek en met ons swak ervaring te help, of selfs te vergoed nie. Ek sal graag die eposse tussen my en die sogenaamde hopelose LekkeSlaap en hul Konsultant, TIMOTHY, hieronder wil deur gee, vir die ganse SA om dit te sien. Ek sal in my lewe nooit weer van die spul patete gebruik maak nie, en sal hulle ook nêrens aanbeveel nie. Hierdie een rooi ster is al te veel vir die plek.

Ek besoek die Kaap baie graag, en doen dit minstens 4 keer per jaar, maar hierdie ervaring stuit my teen die bors, en veral die Konsutant se ongeergde manie van hantering van die situasie, en die finale antwoord hierop. Hy hoort nie in die posisie waarin hy is nie, en is 'n uiters swak Ambassadeur vir die Maatskappy. Sien hieronder my eposse aan die Patete, en die reaksies daarop wat ek elke keer uit hulle moes "wurg". Nie uit hul eie gegee nie, maar ek moes elke keer vra vir 'n antwoord.

Gedateer: 22/11/2016

Geagte Heer/Dame,

Ek verwys na die bespreking hieronder, en ons verblyf in die Gaste Huis die afgelope naweek.

Graag wil ek die volgende onder u aandag bring, en vertrou dat die aangeleenthied u hoogste preoriteit sal geniet, en dat ek spoedig van u sal verneem in die verband.

Ek wys u op die feit dat ek met bespreking reeds die volle bedrag betaal het, as bevestiging dat ek tevrede is met dit wat ek op die web blad gesien het, ten spyte van die feit dat my vraag nooit beantwoord was i.v.m. die Badkamer nie. Ek wou slegs weet hoe die spesifieke kamer se Badkamer uitleg is, omdat my Gade nie van Stort hou nie, en sou ook ‘n bad verkies het, maar dit is nooit geantwoord nie.
Die feit dat die Gaste huis ook ‘n opnkapping ondergaan is nooit met my gekommunikeer nie, en gevolglik is ‘n buite stoep aangedui, maar ons kamer was nie daarmee toegerus nie. Die foto’s is bedrieglik en dui ‘n vals beeld van die plek aan.
Ons uitsig was baie beperk, maar het wel ‘n “pragtige” uitsig oor die “ bouery” gehad, wat ons “geniet” het. Ook nie met ons bespreek nie…….
Met ons aankoms was ons verwelkom deur waarskynlik die Bestuurder, Candice, end it was die laaste sien van Haar vir die volgende 4 dae. Ons is voorgestel aan Keith, blykbaar ons Gasheer vir die naweek.
Die Kamer was en word duidelik nie daagliks skoongemaak nie, en die stoflaag op die blinders in die Badkamer was walglik, en selfs die vloer van die stort was gedurende ons verblys nooit skoon gemaak nie. ‘n Dooie wurm het vir drie dae op dieselfde plek gelê.
Die plankvloer in die Badkamer was los, en elke keer wat jy daarop trap voel dit of die vloer onder jou padgee.
Ons het selfs die gebruikte handdoeke wat nat en onbruikbaar geraak het, op die vloer geplaas met die hoop dat ons vars skoon handdoeke sou ontvang. Dit is net so van die grond af opgetel, en weer teruggehang, vir ons om weer te gebruik. Dit is ‘n absolute skande.
Parkering is nie duidelik en aanvaarbaar nie.

Ek bevestig dat hierdie naweek vir ons ‘n totale gaos was, en dat dit nie vir die prys wat betaal is aanvaarbaar was nie. Geen ontbyt word voorsien nie, waarvan ek in ‘n mate bewus was, maar tog skokkend as die prys vergelyk word met ander plekke, selfs Hotelle in die omgewing, wat verseker beter onderhou en toegerus is, en die inligting veel duidelikker deur gegee word.

Ons is geskok, en verseker u dat ons nie weer maklik van die dienste gebruik sal maak nie, en dat ons dit nie sal aanbeveel nie. Die swakste wat ons nog beleef het.

Ek oorweeg selfs om ons ervaring op Hello Peter te deel.

Baie teleurgestelde Gaste, en groete,

Jan

Jan Zietsman (FM. ASN. NSI. International Quality Award, 32 years)

Senior Financial Planner

C +27(0) 82 5516 416 T +27 (0)12 ********** /4 F +27 (0)12 **********

OFFICE ADRESS: Kinross avenue 400, Fearie Glen, 0081

Gedateer: 24/11/2016

Hi Timothy,

Ek het nog nie terugvoer i.v.m. die verblyf soos bespreek te “ Kettle’s House” ontvang nie, en verneem graag van julle, as “ Lekkeslaap” deur wie ek die bespreking gedoen het, of daar enige kompensasie oorweeg word, en of ek maar moet aanvaar dat ons maar hier skkolgeld moet betaal en vorentoe van ander agentskappe moet gebruik maak, en dalk die geval ook onder “ Hello Peter” se aandag moet bring, soos ek in my epos genoem het.

Hierdie is vir my bloot ‘n beginsel en wie ookal die verantwoordelikheid moet dra, hetsy die partye wat Finansieel hieruit voordeel getrek het. Ek beskou dit as ernstig en die “wan voorstelling” t.o.v dit wat ons ontvang het, maak van hierdie klagte ‘n geldige rede om verged te word.

Ek hoor graag van julle.

Groetnis,

Jan

Jan Zietsman (FM. ASN. NSI. International Quality Award, 32 years)

Senior Financial Planner

C +27(0) 82 5516 416 T +27 (0)12 ********** /4 F +27 (0)12 **********

OFFICE ADRESS: Kinross avenue 400, Fearie Glen, 0081

From: Timothy T **********
Sent: Thursday, 24 November 2016 2:17 PM
To: Jan Zietsman ********** /> Subject: Re: Terugvoering oor Kettle's House

Goeie middag Jan

Dankie vir die e-pos.

Ek wag nog n e-pos van die eienaar af, hulle het ook nou van ons webtuis af geklim.

Sa lu laat weet sodra ek weet wat gebeur.

Lekke groete

Timothy

Lekke Groete

Timothy

Timothy Terblanche

Reiskonsultant

Gedateer 30/11/2016, Timothy se laaste epos. Neem kennis van die Eienaar se kommentaar.....

Goeie middag Jan

Baie dankie dat u die tyd gemaak het om vir ons u terugvoering te stuur.

Ons is werklik jammer dat die verblyf nie na wense was nie.

Dit is vir ons baie belangrik om instansies te lys by wie ons gaste gemaklik voel, en daarom is u terugvoer vir ons so belangrik.

Jammer vir die lank wag, ek het sopas met Mirriam die eienaar gesels van Kettle's house.

Sy het vir my gese dat sy geen terug betaling gaan maak aan u nie.

Weereens ons is jammer oor die slegte diens wat u aanvaar het by Kettle's House hulle is van ons sisteem af gehaal.

Lekke groete

Timothy

Lekke Groete

Timothy

Timothy Terblanche

Reiskonsultant

Groetnis, en dankie dat Hello Peter bestaan.

Jan en Rina

0
Replies (2)
Kettle's House
Kettle's House's reply01 Dec 2016, 08:42
Official

Beste Jan

Baie dankie dat jy met ons ****ak gemaak het deur HelloPeter.

Ek vra om groot om verskoning vir die teleurstellende ervaring wat julle gehad het met ons diens asook met die verblyf by Kettle's house. Dit is glad nie die lekke ervarings wat ons vir ons gaste toewens nie.

Ons sal dadelik ondersoek instel oor die saak en verseker dat dit teen die einde van vandag aangespreek sal word.

Johané, een van ons uitstekende spanleiers sal nou met u in ****ak kom.

Lekke Groete
Jurgens Liebenberg
LekkeSlaap.co.za

JZ
JAN Z's update02 Dec 2016, 13:41
Reviewer Update

Hello Peter,

Ek het 'n baie vriendelke oproep van Johané van LekkeSlaap ontvang, en wel onmiddelik na my skrywe. Sy het onderneem om ondersoek in te stel.

Sy het my ook terugges***el en weereens verskoning namens die Gastehuis, Kettl's House aangebied, en 50% van my koste aangebied as vergoeding, wat ek waardeer.

Dit is net Jammer dat die eienaars van die Gaste Huis nie eens bereid was om verskoning te vra nie, maar ek bevestig dat die aangeleentheid suksesvol en beveredigend deur Johané hanteer was, en dat ek weer van LekkeSlaap sal gebruik maak.

My dank aan Johané, jy is 'n STER.

Groetnis,

Jan Zietsman.