ER
Elmarie R

1 reviews | Active since Nov 2018

14 Sept 2026, 09:05

Ons verblyf by Kandirri Lodge

Ek is glad nie gelukkig met wat hierdie naweek gebeur het by Kandirri lodge nie. Ons het maar die beste van 'n slegte saak gemaak omdat dit my man se verjaarsdag was gister maar die feit dat julle nie voor die tyd met ons eerlik was toe ons al die navrae begin rig het nie, stuit my teen die bors. Die plek is lieflik ingerig maar dis baie duidelik dat julle vals adverteer en nie oop en eerlik is met die wat ook hard werk vir 'n inkomste om 'n naweek weg te kan probeer bekostig nie.

In die eerste plek het julle eers Donderdag, 10 September laat wet dat julle "currently" a krag probleem het, maar volgens die ratings en terugvoer oral op die internet is dit baie duidelik dat dit al vir meer as 8 maande is. Ja, julle het tye wat julle 'n kragopwekker laat hardloop, maar dit los nie die ongemak van 'n mens se kuier op nie.

Julle het ook glad nie genoem dat daar nie water beskikbaar is nie. Niks om mee toilet te spoel nie en verseker niks om mee te stort nie. Die feit dat ons 'n eenheid gekry het wat julle duidelik erken en geweet het dat daar nie warmwater is nie, is verseker nie reg nie. Dan moes julle ons 'n ander eenheid van die begin af gegee het.

Ja, die bestuurder het saterdagaand rondgehardloop om te probeer kyk dat alles oral reg loop, maar mens wil nie in 'n eenheid bly en dan op 'n ander plek gaan stort nie. Dan kon ons net sowel in die bos iewers gaan kamp het. Gisteroggend het ons GLAD nie water gehad nie - en dit was al teen 09:00.

Ek het ook lank voor die tyd 'n romantiese uitrit bespreek en toe dit op die tyd kom dat dit moet gebeur, is ons vriendelik versoek dat ons saam ander mense moet uitgaan op 'n rit en as ons dan "regtig" 'n platter wil he, dit later na ons kamer gestuur sou word. Ek het spesifiek hiervoor gevra want dit was nie net my man se verjaarsdag nie, maar ook 'n viering van ons troudag.

Ek het ook lank voor die tyd gese dat ons graag Saterdagmiddag middagete in die restaurant wil eet as ons daar aankom maar toe is ons ingelig, eers toe ons daar kom, dat die restaurant gesluit is.

Die bestuurder het ook gese hy sou ons gaan wys het waar ons oral mag gaan stap, maar dit het ook nie gebeur nie. Ons moes maar self rondploeter en probeer uitvind waar die leeus is en dis bitter sleg dat die kampe so onversorgd is. Mens kan die leeus nie eers sien nie.

Daar is ook belowe dat die leeus op 'n Sondagoggend gevoer word, 10:00, en ons het uitgesien hierna, en toe ons eers daar is, is daar vir ons gese die leeus word skielik anders gevoer (op ander dae en tye) juis oor daar nie krag is nie.

Al hierdie dinge laat my net weereens besef dat alles 'n leuen was net om mense sover te kry om soontoe te kom en onder valse indrukke te betaal vir 'n diens wat glad nie gebied kan word nie.

Ons is ook nie af**** aangebied nie. Dit stuit my werklik teen die bors want nou het ons vir 'n bed vir slaapplek betaal, maar die res is van ons ontneem.

Ek versoek dat bestuur hul bestuurswyse sal herdink en dringend ook. Dis 'n bitter mooi plek as julle net beter na dit kan omsien.

Die perde wat adverteer word: ek het ook uitdruklik hierna gevra omdat ons ons eie perde het en daar by julle wou gaan ry het. Julle het egter gese ons kan nie want julle "groom" die perde. Ons wat met perde werk weet dat "grooming" glad nie dae lank neem nie en dit was ook 'n leuen want die meeste van julle perde is ondervoed en dit lyk bitter sleg.

Die voels se hokke het nie water in gehad nie, die hokke is onversorgd en dis ook duidelik dat die arme diere swaarkry.

Hiermee versoek ek dat die eienaars dringende besluite moet neem en my bogenoemde ontevredenheid ter harte sal neem. Ek sal dit waardeer as julle ten minste geldelik 'n terugbetaling kan maak vir ons ongerief.

0
Replies (0)