SC
Schalk C

1 reviews | Active since Nov 2016

17 Jan 2017, 18:11

Sprite Tourer Caravan

<p>Die Sprite Tourer karavaan word ge-adverteer as 'n Grondpad Karavaan of te wel Gravel Roader. Die karavaan is gekoop by Pretoria karavane en tydens die eerste sleepnaweek het die yskas nie koud geword nie. Terug by die Handelaar het die Karavaan 'n maand gestaan voordat die fout gevind is naamlik die tipe battery met inskroefpole wat herlaaiprobleme veroorsaak.</p> <p>Op die tog na Namibia 4 maande later het die deure afgeval, die yskas uit sy kas, die trap deurgeskuur deur sand as gevolg van geen skermplaat wat dit beskerm nie. Die dak se skaniere het uigeval en die deur het gesukkel om oop te maak. Stof het orals ingekom en die mikrogolf het losgekom uit sy montering. Bande was 2 bar gepomp op die grondpaaie en spoed 40 tot 60 km/h. alle gewig was in die sleepvoertuig gelaai juis om karavaan so lig as moontlik te hou. In Namibia het ek verskei ander Tourers gekry en ongeveer presies dieselfde probleme het by almal opgeduik. Ek het die karavaan teruggebring en wag nou al 5 maande vir uit**** van my versoek om geld terug te ontvang aangesien die karavaan duidelik nie gebou is vir grondpaaie nie. JurgensCI het dit onder erge toestande getoets op You Tube en duidelik dit gestel dat die toetse juis gedoen is om dat daar klagtes was oor kwaliteit. Die terugvoering van Jurgens dat Spoed en Harde bande die oorsaak was van die skade is absurd. Tans is ek besig met 'n regssaak teen hulle. Enige persone wat wil saamstaan en die saak ondersteun sal geakkomodeer word. Ander feite oor die produk is bekend aan handelaars wat verdoemend is teen die produk</p>

0
Replies (0)