1 reviews | Active since Apr 2017
David En Martie Viljoen reviewed JPS Moving — 5 star February 1, 2016 ·
<p>David En Martie Viljoen reviewed JPS Moving — 5 star<br />February 1, 2016 ·</p> <p><br />David En Martie Viljoen - JPS Moving het gister, Sondag 31 Januarie 2016 ons trek gedoen. Ons het in 'n 4 vlak huis ingetrek en van trappe is daar oor genoeg. JP, Franscois en die res van hulle span het hierdie taak met mening aangepak en nie eenkeer gekla nie. Die trek het langer geneem as verwag en teen 14h30 moes hulle vertrek om 'n ander trek te gaan doen. Baie van ons meubels was net gedra tot op die eerste vlak maar JP het ons die versekering gegee dat hulle sal terugkom om klaar te maak. Daar was twyfel aangesien JP en sy span die moegheid reeds getoon het van al die trappe. Teen 18h00 was hulle terug en het die werk voltooi met dieselfde vriendelikheid en durf as die res van die dag, met die moegheid nou nog meer sigbaar. Die prys en diens was die BESTE wat ons nog ervaar het. Nogmaals dankie JP, Franscois en die res van julle span, dit word opreg waardeer.</p>
