1 reviews | Active since Jun 2022
Johns auto clinic Vanderbijlpark
Wees gewaarsku!!!
Agterbaks en oneetiese besigheids praktyk wat mense bedrieg!!!
Ons besigheids voertuig het gemisfire as hy idle, so het ek vir Johns auto gese dat ek vermoed dat die injector cable uitgebrug is saam met n ander injector, maar kyk hoekom hy misfire!!! Daar word toe diagnostics gedoen en injector se kabel word weer gekonnekteer op die regte kabel saam met n kabel wat bros/stukkend was, wat hulle reg gemaak het. Daar word toe gese die motor is reg hy misfire nie meer nie en betaal toe R2500. Die volgende oggend misfire my voertuig nogsteeds, en kon toe nie dadelik die voertuig terug vat nie, omdat ek vol bespreek was met werk. 3 weke later vat ek die voertuig terug en hulle doen weer n diagnostics en ek word gebel om te se cylinder 2 het geen kompressie nie. Hy vermoed die valves het seer gekry! Toe moes ek weer R2500 betaal op die nuwe invoice wat op n totaal van R5 000 bring sover, net vir diagnostics/fault finding.
Ek voel as hulle ware mechanics is, moes hulle al die fout die eerste keer opgetel het! Hulle kon gedink het as die injector uitgebrug was kon dit dalk skade op die valves veroorsaak het, waarvan hulle net n compression toets moes gedoen het om seker te maak!! Maar charge n mens dubbel vir hulle nalatigheid!!
Toe vra ek wat sal dit kos om die valves se probleem reg te maak waar op hy reply R8 000, wat ek toe gese het hy moet voortgaan. Later s***el hy my en vertel dat ek na sy winkel moet gaan en kom kyk waar daar erger skade is en gee my toe n nuwe kwotasie van R24 000, waarvan ek toe se nee dankie ek sal n import motor trek en word gekwoteer R5 500 vir die trek van die nuwe motor! Ek het dit so aanvaar. Ek vra hulle moet eers n compression test doen voordat hulle die nuwe motor trek so as iets fout is dat ek dit dadelik kan gaan omruil, waarop hy toe se dit kan nie gedoen word nie, wat n lieg storie is!!!
Toe word ek ges***el die nuwe motor het n gasket geblaas en lek water, waarop ek toe se stop met alles!!
Toe ek sy invoice kry toe word ek gecharge n addisioneele R2 500 om van die ou parte oor te laat plaas op die nuwe motor! Ek was onder die indruk dat dit deel is van motor trek!!
Ek kry my voertuig terug vol olie kolle, en is teminste nie eers skoon nie!! My totale kostes by John auto beloop R19 160.60, waarvan ek weer staan waar ek was en my voertuig en is nog steeds nie reg nie!!
Ek persoonlik sal niemand soontoe verwys nie want hy is uitgeslape en arrogant en probeer om mense uit tevang met hidden kostes!!!
