1 reviews | Active since Jan 2016

11 Apr 2016, 14:26

VERY BAD SERVICE

Ek is verwys na Jaco Alberts deur 'n advertensie wat ek geplaas het op FB. Hy is aan my bekendgestel deur sy vrou (wat ek op daardie stadium nie geweet het is sy vrou nie) as baie redelik met sy pryse, asook kwaliteit diens wat hy lewer. Tot my bittere spyt het ek vir Jaco gekry vir 'n kwotasie, waarna ek dieselfde dag 'n 70% deposito moes betaal. <br> Nadat daar 2x datum verskuif is, kon hy nie vir my die diens lewer wat hy belowe het om te doen nie. Sy mense kon nie eers 'n rand om die blombeddings pak nie. Ek het hom uitgevang op oneerlikheid, goed op die kwotasie waarvoor gekwoteer is, maar nooit gelewer is nie. Toe ek dit aan hom uitwys, kry ek daarna 'n smerige sms van sy vrou - baie onprofessioneel.<br> Toe dit vrydag word, jaag hy sy werkers so aan, geen plaveisel is gekompakteer nie, ek sit met oneweredige, onnette plaveisel, om van die afwerking nie eers te praat nie. <br> So asseblief, afgesien van slordige, onproffesionele werk, is dit 'n baie oneerlike persoon en wees asseblief bedag. Doen eers julle navorsing oor sy besigheid, voordat julle sy kwotasie aanvaar. EK MOES DIT GEDOEN HET.

0
Replies (0)