1 reviews | Active since Dec 2011
Swak Vakmanskap
Daar is net nie 'n manier wat ek hierdie besigheid sal aanbeveel nie.
Ek het gevra vir 'n kwotasie om sinkplate op 'n patiodak te sit na die oorspronklike dak deur hael beskadig is. Hy het gekwoteer en daarmee aangedui dat hy die werk kan doen. Ek het ook ongeveer 'n 90% deposito betaal. Na voltooiing van dak het die huurder vir hom foute uitgewys, maar volgens hom was alles in orde en het hy vir my ‘n faktuur gestuur vir die uitstaande bedrag wat dan aandui hy het die werk voltooi.
Na 'n inspeksie deur 'n derde party het dit aan die lig gekom dat dit die swakste vakmanskap is wat aandui dat dit deur 'n totale onbekwame persoon gedoen is. Die fotos wys dat dit skokkend is, bv dakskroewe wat langs die balk deurgaan en nie deur balk, ens. Die uiteinde van die saak is dat ek die hele dak op my koste sal moet oordoen.
Benewens die feit dat hy in WhatsApp stemposse aan my, my uitskel en dreig, het dit tyd en moeite geneem om hom net aan die werk te kry. Werk so dag of wat en verdwyn vir 'n dag of twee, wanneer hy dan weer opdaag.
So, indien hierdie besigheid vir u 'n kwotasie gee wees baie versigtig. Ek kan sowat 15 fotos deel wat die swak vakmanskap bevestig.
