HG
Heidi G

1 reviews | Active since Nov 2016

24 Nov 2016, 14:24

Xtrail

Ons het die xtrail 31/08/2016 gekoop. Het na ‘n dag of twee gemoan oor CV Joint wat raas as draai. Na +- ‘n week & ½ het kar na hulle gegaan. Toe ek kar weer gaan haal is daar gesê dit is die Wheel alignment wat

fout was en dat dit dalk wiel op is wat ‘vibrate’ as ry. Hy het gesê hulle het inner & outer CV gecheck maar volgens hulle werktuigkundige is dit nog nuut. Ek het self onder kar gekyk en gesien dat clamps wat gekrimp word om boot nogsteeds dieselfde is , so is onmoontlik dat hulle kon check. Weer gekla oor CV Joint. Na +- 2 weke het enjin lig op dashboard aan gekom het wat ek hulle toe ook laat weet het. Na nog ‘n week so gemoan en toe self die CV joint gaan koop het om in kar te sit vir herstel.

Na kar 2 keer na hulle is en niks gedoen is nie, is cv & lig toe finally herstel. Ek het kar gekry en na 1 dag het lig weer aangekom. Ek het na naweek gebel en hulle laat weet. Na ‘ n paar oproepe is daar gevra vir my of ek asb self kar sal vat na persoon wat op karre werk en hulle sal betaal. Hein(Mechanic) het so klein ding ingeplug op kar en gesê hulle reset net die lig. Hy het vir my gesê as dit weer gebeur sal hulle kar na iemand anders vat om te check.

2-3 dae is verby toe brand lig weer. Ek het kar weer terug gevat en hulle het my gaan aflaai by die werk. Hulle het kar gevat vir druktoets en laat weet dat die head gasket geblaas het. Ek het Jaco laat weet , toe sê hy hy sal reel met mechanic. Na ‘n paar dae het Hein my gevra of ek kar sal kom kry aangesien hy nie plek het vir kar nie. Ek het hom gaan haal. Na +- ‘n week wat verby gegaan het, het ek weer by Jaco gemoan waar hy toe finally die kar kom kry het. Kar was weer ‘n week by hom en hy bly sê kar is nou reg, sy broer ry met ons kar om seker te maak dat kar nou wel reg is. Ek het kar gelos want soek ook die kar reg want ons ry op vakansie 1 Des en wil nie sukkel nie.

Na ek kar gekry het, het ek dag gery sonder ‘n probleem. Dag 2 het kar weer begin mis en sukkel om te start as doodgaan. Ek het weer daagliks met Jaco gepraat en finally op 25Nov het kar sy gat gesien. Voertuig gebruik vanaf dag 1 water,moet dus elke oggend eers +- 1lt water ingooi voor kan ry. En tot op laaste dag het ek moes water gooi. Ek vermoed kar is gekoop met head gasket wat geblaas was en hulle het nie geweet nie.

Hulle help wel maar dit vat elke keer ‘n helse klomp oproepe voor iets gedoen word. Ek ry nou amper 3 maande met kar wat mens laat stres. Jaco het ‘n ooreenkoms dat daar ‘n 6mnde waarborg op enige meganiese probleem is,

Ek kan nie sé hy help nou al vir 3mnde nie, want uit die 3 mnde ry ons die kar seker miskien 1 & ½ maand aangesien die kar of by hom staan of by my werk oordat ons moet wag om in te vat na hulle.

Tussen deur leen ons motors om mee oor die weg te kom.

Is dit nou maar so om R70000 in die water te gooi en te verloor???

0
Replies (0)