SW
Sonja W

1 reviews | Active since Feb 2014

31 May 2021, 13:29

Ipic active bel nie kliente terug nie

Op 26 May wil my seun by Ipic gaan speel. By die deur sê hulle vir sy au pair dat hy kan nie meer daarheen gaan nie want hy het nie betaal nie. Ek skiet amper n gasket toe hulle dit vir my by die huis kom vertel. Want ons betaal R400 per maand per aftrekorder elke maand aan Ipic play so hoe de hel kon ek nie betaal het nie? Ek bel toe vir Ipic en vra om met n manager te praat, Kurt sê daar is nie n manager nie maar hy sal my probeer help. Ek verduidelik die situasie aan hom, hy sê toe hy kan nie help nie, n manager sal op my profiel moet ingaan om te kyk wat aangaan, so hy sal dat die manager my terug bel. Nou kyk dis mos nou net hier waar ek die darum tyd naam en boodskap neer skryf want as jy vir my sê jy sal my terug bel en jy doen dit nie dan wil ek horries kry. Nodeloos om te sê ek wag nou nog vir Kurt om my terug te bel of n manager vir wie hy die boodskap gegee het. Indien Kurt wel die boodskap vir n manager gegee het en die manager het besluit om my nie terug te bel nie wil ek daarvan weet want dan moet ek vir Kurt onverskoning vra maar as Kurt nie sy werk gedoen het en nie vir n manager gevra het om my te bel nie, wil ek vna*** vir jou sê Kurt dis oor mense soos jy dat die land is waar hy is. Julle (julle wat nie boodskappe gee of terug bel noe)worry net nie. Dit kos my om die 31 ste Ipic play toe te ey om die probleem te gaan uitsort. Ek Kahani m daar en vra om vir Kurt en n manager te sien. Kaitlin is by die fromt desk en vertel vir my die managers is in n meeting so ek kan net vir Kurt sien, ek verduidelik vir haar ek dring aan om n manager te sien, sy ignoreer my. Kurt kom by my aan en ek sê vor hom ek weier om met hom te praat sonder n manager. Hy loop toe. Harold kom daar aan en ek vra vir hom wat is die head office se nommer. Hy gee toe vir my die front desk se nommer want blykbaar is Aurora die head office? Die managers is onbereikbaar want hulle is in n covid meeting! Dit help nie ek los n boodskap nie want die boodskappe bereik nie die managers nie. Harold het my rekening na gegaan en vir my kom sê dat een of ander fout ingesluip het tydens covid of so iets. Ek neem aan covid gaan nog vir baie dinge die skuld kry. So om op te som, Kurt gee nie boodskappe nie en dan moet jy in jou kar klim om dit te gaan uitsort en dan gaan die managers glad nie uitkom vir n paying customer nie, dis nie belangrik genoeg nie. En dan het die fout by Ipic gelê. Moet ook nooit dink Ipic stuur vir jou maandeliks n rekening of n staat nie, o nee jy moet elke liewe maand n email stuur om te vra of jy jou rekening kan kry.

0
Replies (0)