1 reviews | Active since Jan 2021
Internet SA bad bad service
Goeie middag.
Ek het nou weer die probleem aangemeld dat ons sonder Wi-Fi sein sit. Ek het met Ruan gepraat. 15 Jan 2021
Dit is NIE weens loadshedding nie.... Petrus Steyn dorp het n kragonderbreking. Soos ek Maandag 11 Jan 2021 aan jul geraporteer het dat dit n helse probleem is. Daar is GEEN standby system inplek sou die dorp se krag afgaan nie. Ons op die plase wat van die sender af sein kry word dan daardeur benadeel. Ons moes ten duurste die sonpaneel en batterye betaal toe jul Arras deurgee toring geinstalleer het.
Ek het al op n vorige geleentheid ook die saak aangespreek waarop jul gese het dat jul n battery as standby gehad het maar dit is gesteel. Jul het blykbaar n ander llan gemaak maar dit gee ook probleme. Jul het Maandag 11 Jan 2021 ook gese dat jul aandag daaraan sal gee...
Ek dink dit is nie regverdig teenoor ons ander verbruikers wat van die toring afhanklik is nie.
Dit wil voorkom of die maatskappy nie ag slaan op klagtes van sy kliente nie omdat hy "sole provider" is van internet diens in ons omgewing.
Ek wil graag opskrif n antwoord hoe van hoe julle die probleem gaan oplos.
Groete Amanda & JP vd Merwe Plaas Saffier Petrus Steyn. ***
