Interkaap-Swak Busdiens
15 Februarie 2023 is my kaartjie geboek vanaf Port Elizabeth na Mosselbaai vir 20:30. Sleepliner let wel. Ons het sms'e gekry dat die bus 'n uur en 'n half gaan laat wees. Die bus daag 22:30 daar op. Sleepliner se gat. Daar is nie plek vir my en my vriendin nie en albei van ons is pensioenarisse. Daar word vir ons 'n gaatjie gemaak. Die bus is so overcrowed en klein. Geen vensters of lugverkoeling werk nie. Ek ry altyd Interkaap en is altyd bereid om die ekstra te betaal vir goeie diens en gehalte. Maar goeie donner, julle het my gister aand in die steek gelaat. Uiterste swak bus. Betaal vir sleepliner maar kry mainliner. Oorvol bus en geen verkoeling. Die perfekte broeiplek vir Covid. Ek is bitter teleurgesteld in Interkaap. Die kaartjies was flippen duur en dus was my rit saam met julle glad nie 'n plesier nie. Ongelukkig doen word of mouth maar sy ding. Ek verwag terugvoer en 'n verduideliking asook oplossing. My geld het betaal vir veel beter as wat ek ontvang het en dit vir n pensioenaris. Man up Interkaap. Julle doen julle naam skade en laat jul pensioenarisse lelik in die steek.
