IC
Ina C

1 reviews | Active since Nov 2019

26 Nov 2019, 15:55

Intercape

Goeie dag ek wil graag n klagte le. So twee weke terug het ek en my verloofde vanaf Durban na Pretoria gereis met die Intercape bus. Ons kaartjies was R250p/p. Die vrydag voor ons op die bus klim het ek hulle kantoor ges***el oor ons bagasie en wat behels dit. Die dame met wie ek gepraat het het aan my gese. Daar is nie n beperking op hoeveel tasse jy vat nie. Maar as dit wel oor 20kg weeg word daar R6 vir elke kilo betaal. Ek was baie gelukkig daaroor want ons het mooi gepak. Ons het alte saam 7 tasse gehad. By die aankoms op Durban stasie moes ons dit weeg. Tot my ontsteltenis moes ons R512 inbetaal. Al ons bagasie was onder 20kg behalwe vir 2. Een was so amper 24kg en die ander 22kg. Ek het die vrou gevra hoe kry sy dit reg. Ek was in trane ons het net genoeg geld gehad vir padkos. Ek het haar gese ons kan dit betaal en sy het geweier. Ek het haar gevra hoekom hulle kantoor nie so aan my vetduidelik het nie toe se sy dis nie haar problem nie want sy werk nie daar nie. Hulle het gewyer dat ons op die bus klim voor ons nie die volle bedrag betaal nie. Ek was in n toestand. Iemand het later ons die geld geleen en ons kon toe opklim. My hart was stukkend het so ver gery sonder om te eet of te drink. Wat staan my te doen asb. Groete Ina

0
Replies (0)