GB
Gwen B

1 reviews | Active since Mar 2015

06 Mar 2015, 13:20

Slegte diens

Ek het haelskade aan my dak gerapporteer op +-22 Des. 2014. Daar is toe aan my gese dat ek self 'n ****rakteur moet kry vir 'n kwotasie en dat hy dan moet bevestig dat dit wel haelskade is. Ek kon toe eers op 12 Jan. 2015 die ****rakteur kry om na die skade te kom kyk en te bevestig dat dit wel haelskade is. 'n Week later het ek weer gebel om te hoor of die kwotasie ontvang is, wat toe bevestig is maar daar is toe gese dat die assessor ook moet kom kyk. Op +-26 Jan. 2015 kom die assessor. Ek bel weer op 5 Feb. 2015 om te hoor of eis goedgekeur is. Jenna-Lee bevestig dit en se dat die geld binne 48 uur is ons rekening sal wees. Ek bel weer op 10 Feb. 2015 nadat niks ontvang is nie. Jenna-Lee verduidelik dat daar nou probleem is omdat dit die 2de eis is vir dak wat nie so is nie. Na baie oproeppe en e-posse van verduidelik en weer verduidelik en Karin wat foon in my oor neersit kom ek by Herman uit op 20 Feb. Hy vra baie mooi omverskoning vir die verwarring wat daar was. Alles uitgesorteer kry ek op 2 Maart 'n vorm om te teken en bankbesonderhede te stuur ek stuur dit terug op 3 Maart vandag die 6 Maart. Ek het nou al vanoggend weer 2 keer vir Herman gebel. WAG NOG VIR ANTWOORD!!

0
Replies (1)
IntegriSure
IntegriSure's reply06 Mar 2015, 15:22
Official
Hello GwenLiz,

Ons is welbewus van u situasie en vra om verskoning vir die vertragings. Soos aan u gekommunikeer sal die skikking oor die naweek in u bankrekening reflekteer.

Groete

Die IntegriSure-groep

Best regards,