1 reviews | Active since Jun 2019
Geen gewete
Ek het my kar die 24ste April na Integra se Centurion tak gevat. Ek is deur 'n Robbie ges***el. Ek het hul nie genader oor my kar nie hul het my ge****ak. Hul het gesê binne 2 weke gaan my kar verkoop word. Ek het hul na 2 weke gebel waar ek gesê het dat ek my kar gaan, gaan kry by hulle. Hul het gesê dat daar nou net 'n koper aangekom het en dat my kar verkoop is. Robbie bel my net die week daarna en sê dat hul ' n defnitiewe koper het vir my kar. Ek het toe begin twyfel oor Integra se oneerlikheid. Hoe word dieselfde kar aan 2 persone verkoop in 2 vers****ende dorpe/stede. Robbie bel my en presies soos vorige persone kla word ek so ongeskik afgestry oor die prys waarop ek besluit het. Hy weier om die prys wat ons gesê het te aanvaar. Ons bel Robbie en vra dat ons my kar onmiddelik wil hê waarop hy my vertel dat my kar in Grahamstad verkoop is. Hoe in die lewe gaan my kar Grahamstad toe sonder dat ek enige geld ontvang het? Die kar is ook nog op my versekering. Ek/ die Prokureur en die Polisie het al gebel maar die Eienaar Vernon weier om die oproepe te antwoord en hul weier om my geld te betaal. Ons maak nou 'n diefstal klag oop. Moet eers NOOIT daaraan dink om jou kar Integra Motors toe te vat of om 'n kar daar te koop nie. Hul het GEEN integriteit nie!!
