1 reviews | Active since Jan 2014
Excellent Service/best sales person
Beste diens ooit.....

Ons was op soek na betroubare, bekostigbare motor.
Jaques du Plessis, Integra Roodepoort, het onmiddelik op ons internet navraag gereageer en geen moeite ontsien om ons te help nie.
Sy uiters profesionele manier waarop hy ons gehelp het en bly soek het na die beste voertuig en probeer het om ons te help waar hy kon, sal ek enige dag aanbeveel. Hy stel die klient se behoefte eerste en kyk rerig hoe hy kan help. Gereelde terugvoering
aan die klient oor wat hy probeer uitvind om klient tevrede te stel word hoog op prys gestel. Jaques kyk ook na die beste transaksie wat die klient se sak die beste pas en werk daarvolgens, terwyl hy heeltyd eerlik is. Selfs nadat ons nie met koop kon voortgaan, was hy nogsteeds beleefd en hulpvaardig en dit word opreg waardeer. Sal maak dat ons weer na hom gaan as ons wil koop.
Jaques du Plessis is voorwaar n groot aanwins vir Integra Motors Roodepoort, as gevolg van julle goeie kliente diens en kliente verhouding
Julle loop meer as die ekstra myl.

Baie tevrede klient -Louise