EM
Estelle M

1 reviews | Active since Jan 2023

31 Jan 2023, 14:59

EM

Ek het vir 2 jaar 'n diensplan by Innovation gehad, en kan in alle eerlikheid sê dat ek nooit 'n probleem met hulle gehad het nie. Totdat my plan volgens my verval het. Hulle het my gebel en gevra of ek hom wil hernu, en ek het dit natuurlik gedoen, want hulle is "wonderlik". Toe kom ek agter ek betaal 2 paaiemente aan hulle, waarop hulle my meedeel, dat ek nog besig is om aan die eerste plan af te betaal, daar is glo 'n verskil wat ek self moet betaal wat hulle gedek het. Ek het nie daarvan gehou nie, maar als goed en wel, ek vra toe om die nuwe diensplan te kanselleer want ek gaan nie 2 paaiemente betaal nie, en soos dit my lyk gaan jy tot in der ewigheid aan hulle terugbetaal. Ek het toe reeds 2 paaiemente op die nuwe plan betaal, en hulle sou my geld teruggee binne 7 tot 14 werksdae, ek wag nou al amper 5 weke, en na vele oproepe is ek nou net meegedeel dat ek nie geld gaan terugkry nie, dit word gebruik vir admin en kanselasie fooie! Kos dit R400.00 om 'n plan te kanselleer, dit is absoluut belaglik!!! Mense moenie julle tyd en geld op hierdie mense mors nie.

0
Replies (1)
Innovation Group
Innovation Group's reply01 Feb 2023, 11:03
Official
Dear Estelle Mouton We acknowledge receipt of your complaint and thank you for taking the time to notify us thereof. Your complaint has been escalated to a member of our Customer Service Team for investigation and we endeavor to provide feedback in a timeous manner. Should we experience any delays during the investigation of your complaint, our Customer Service consultant will keep you adequately informed regarding the progress of your complaint either telephonically or via email. Best RegardsInnovation Group Customer Services Team