1 reviews | Active since Jan 2019
Slegte diens
Junie maand 2018 gaan koop ons 2 Huawei tablette by incredible connections in Secunda. Andrew die verkoopsman verseker ons dat die tablette kan bel en dat mens kan airtime laai. So koop ons die tablette. Desember toe ons met vakansie is wil ons airtime laai en kom toe agter maar daar is geen bel opsie om dit te kan laai nie. Kom terug van vakansie en gaan sien vir Andrew waar hy weer sê die tablet moet daai funksie hê, waarop ek toe sê daar is nie eers n bel ikoon nie, hy sê toe ons moet tablette inbring na sy tegnikus toe. So vat ek dit vir tegnikus verlede donderdag, die tegnikus het so bietjie gekyk en gevra ons moet vrydag dit terug bring omrede die tyd beperk is want hul doen stocktaking. Vrydag neem ek dit terug en tegnikus sê hy gaan dit op n rekenaar sit om te kyk of hy regkom. Na rukkie kom ander tegnikus uit met tablette en sê nee die tableete het nie die funksie nie so ons kan nie dit gebruik om te bel of airtime wat by spar of ander plekke gekoop word te laai ons moet net deur die vodacom app dit doen. Ek sê toe maar ek soek dan my geld terug want die Andrew het n leuen aan ons verkoop want die doel was om die tablet te kan gebruik as n foon ook. Die tegnikus wat ons aanvanklik gehelp het sê toe hy gaan gou by sy bestuurder hoor. So kom die bestuurder en ek vertel hom die storie, hy sê toe hy gaan sy bestuurder bel en hoor wat hul moet of kan maak maar hy kan nou al sê sy gaan sê hul kan dit terug neem maar gaan 15% handlingfee terughou want die tablette is 2 de hands. Hy is daar weg en kom toe na ruk terug en sê sy bestuurder sê sy gaan ons nie help want ons moes dit binne 21 dae terug gebring het. Nou die probleem is ons het Andrew vertrou en sy woord geglo. Tuis het ons met tablette op wi-fi gewerk so ons het tot desember nie nodig gehad om dit met data te laai nie en dit is hoe ons agtergekom het daar is nie n foon funksie dat ons data kan laai nie mens kan nie n geiinstaleerde wi-fi saam ry nie. Daarom het ons voor ons gekoopchet gevra kan die tablet as n foon gebruik word en kan ons data koop en laai waarop Andrew ja bly sê het. Incredible connections het oneerlike verkoopspersoneel wat kliënte om die bos lei en sodoende hul verkope kry en dan kan hul nie mens tegemoet kom oor hul verkoopspersoneel n leuen verkoop het en mens hom vertrou en geglo het.
