1 reviews | Active since Sept 2010
Nuwe tablet gekoop online, en verdwyn ****rloos
Ek skryf hier 'n review omdat ek moedeloos is. Dit was my laaste uitweg om 'n review te skryf en is ek siek van spanning agv agterlosigheid met aflewering. Ek het 'n Tablet gekoop van R4 999.00 by Incredible Connection aan lyn. Hul het emails en sms'e gestuur waarin genoem is dat dit die 20ste Januarie 2025 afgelewer gaan word. Saterdag die 18e kry ek 'n epos en sms dat my tablet afgelewer is met die titel: We hear you got it! Dan vra hul nogal dat ek 'n survey doen. Ek het geen tablet ontvang nie, wat nog van teken vir die aflewering????? Iemand moes die tablet in ontvangs geneem het en geteken het daarvoor. Ek het dadelik 'n epos gestuur aan die "contact us". Sondag die 19 het ek terugvoering gekry met 'n nuwe verwysings nommer. Ek het gister gebel, en hul antwoord is, hul wag vir terugvoering van die pakhuis. Weer 'n epos gestuur, waarop hul geantwoord het dat ek vandag sal terugvoering kry. Dit is nou 16:56 en nog geen verduideliking van hul nie. Ek het beklemtoon dat ek nie more dit is Woensdag tot Vrydag beskikbaar is nie en nie die goed kan hanteer nie, aangesien ek baie besig gaan wees. Ek is regtig baie gestres, dit is baie geld en 'n tablet wat verdwyn het??? EN WIE HET DAARVOOR GETEKEN????
