HM
Hermien M

1 reviews | Active since Mar 2012

14 May 2015, 21:15

Incredible Connection Somerset Mall

Ek stap n lang pad met Incredible Connection en ek kan getuig dat Amien my en ander nog altyd net die beste diens ooit gegee het. <br> Hy is n man wat die pad met sy kliente stap ek voel soos familie as ek daar instap. Daar is geen probleem te groot vir hom en hy is n man van sy woord en as ek iets in sy hande los weet ek daar sal n oplossing wees, want kliente diens staan heel eerste op sy lys.<br> Hy is n voorbeeld van n werklike leier en ander kan by hom gaan leer wat dit is om n bestuurder en werklike leier te wees. <br> Alles wat hy aanpak doen hy met ywer en is seker van sy saak en geen lee beloftes word aan sy kliente belowe. Hy weet hoe om met mense te werk en sy firma se naam hoog te hou en gelukkige kliente te werf. Daar is n rede hoekom Amien die bestuurder van die winkel is want n leier doen wat die beste vir die klient is en nie wat die beste vir hul ego is nie .<br> Amien se geduld, menslikheid, onmiddelike probleem oplossing, deeglikheid, klientediens en die vermoe om altyd professioneel op te tree maak van hom n ware leier en bestuurder. Baie dankie weereens vir uitstekende diens Amien .Incredible Connection jul kan baie trots wees om hom in jul diens te he.

0
Replies (1)
Incredible Connection
Incredible Connection's reply15 May 2015, 12:42
Official
Hello hermienmenmuir,

Thank you for the positive feedback. Customer service is very important to us and we are glad that you received the service that you rightly deserved.

Your feedback will be sent to Incredible Connection Somerset Mall.

Thanks and kind regards,
Customer Resolution Centre