JB
Jamine B

1 reviews | Active since Jan 2023

11 Jan 2023, 15:30

Bad & Dishonest Incredible Connection Experience

Hallo almal,

Ek wil graag my baie slegte ervaring met Incredible Connection deel.

Ek wil eerstens deel toe ek die keuse gemaak het om die bestelling te plaas het mense my reeds gewaarsku dat hulle soms baie lank vat, maar ek was nie haastig nie en het gedink dis darem ñ groot “brand” so ek sal hulle ñ kans gee.

Ek wou baie graag die lessenaar by hulle koop. Bestelling is geplaas, geld in betaal en ñ order confirmation e-pos gekry.

Toe is dit ñ hele storie want hulle lewer nie af in Lichtenburg nie. Ek reël toe spesiaal met vriende dat dit in die piepklein Hartbeesfontein afgelewer word waarmee hulle toe nie ñ probleem het nie.

Ek kry toe Maandag hierdie (relatiewe onprofessionele) epos vanaf hierdie persoon. Die epos verduidelik glad nie vir my eintlik dat hulle eers deel vorm van Incredible Connection nie. Maar toe is daar skielik nie voorraad nie.

Ek is toe semi ontsteld, want mens kan (nogsteeds) op hulle website die lessenaar bestel. Omdat sy toe sê die winkels het nie voorraad nie besluit ek toe om vir Incredible Connection te bel. Hulle bevestig toe telefonies vir my dat daar nogsteeds 9 lessenaars beskikbaar is en ons kan dit online bestel en laat aflewer - hulle het nie geweet dat ek eintlik reeds een bestel het nie.

Ek stuur toe vir die dame terug en sê dat ek ongelukkig is en nie tevrede is met hulle antwoord nie want Incredible Connection het toe bevestig dat hulle dan voorraad het. Ek vra toe - die minste wat hulle kan doen is om darem onmiddelik my te refund.

Sedert toe, hoor ek niks van hulle af nie. Ek stuur toe vanoggend maar ñ opvolg e-pos en kry toe die antwoord - ñ Refund maar dit kan tussen 3 en 14 werksdae vat om te reflekteer. Uiters belaglik.

My punt - dink mooi voordat julle weer vir Incredible Connection ondersteen. Ek sal nie weer nie. Uitsers swak in my opinie.

Asook - Die eerste epos het nie eers ñ ****aknommer gehad nie en as mens die t****e epos se nommer probeer s***el lui die foon net.

0
Replies (0)