AK
Angelo K

1 reviews | Active since Apr 2017

25 Apr 2017, 11:13

Oneerlike dienslewering

Ek het in Februarie 2016 'n 2011 VW Touran 1.4 Tsi by Imperial select,George gekoop.Die verkoopsman,Barry Supra het my meegedeel dat die voertuig al die normale waarborge(diens en meganies) het.'n Week nadat ek die voertuig gekoop het,het ek dit na Kaapstad toe gery.Met my terugkeer op 03 Maart 2016,het die voertuig onklaar geraak naby Swellendam.Ek het Imperial ge****ak wat toe op hulle beurt insleepdienste gestuur het.Ek en my gesin moes in die voertuig sit bo-op die insleepwa.U kan uself dus indink hoe ons moes gevoel het.

Die voertuig is toe na VW Tavcor Goerge geneem wat die voertuig sou regmaak.Tavcor het gevind dat die turbocharger gebreek het.Imperial het toe vir Tavcor opdrag gegee om 'n 2de handse turbocharger in te sit.Op 9 April 2016 het ek en my gesin weer uit Kaapstad teruggery na ons woning in George.Ek het agtergekom dat die motor nie krag het nie.Ek het die motor op Dinsdag,11 April 2017 na Tavcor geneem waar hulle bevind het dt dit weer die Turbocharger is wat foutief was.

Ek het toe ook by die bestuurder van Tavcor verneem dat dit 'n 2 de handse turbo is wat laas jaar ingesit was en dat dit ook nie 'n VW part is nie.Imperial se bestuurder,Leon Lourens het my meegedeel dat hulle nooit sal toelaat dat 2de hndse parte in hul voertuie sou laat sit het nie.

Op 24 April 2017,het Leon Lourens,my weer gebel en genoem dat aangesien die voertuig 2de hands was,hulle Tavcor,opdrag gegee het om 'n 2de handse turbo in te sit.

Ek sit nou met 'n kwotasie vanaf Tavcor van R35 000.

Imperial weier om nou enigsins hul fout reg te maak.

Dis vir my onaanvaarbaar dat motormaatskappye kliente so moet inloop aangesien kliente motors koop om hulle 'n tydperk te hou.

0
Replies (0)