1 reviews | Active since Nov 2016

14 Nov 2017, 08:34

Everytime a new excuse

Ek het na Imperial GM in Kimberley gegaan opsoek na ñ nuwe voertuig. Daar gekom het die verkoops persoon my besonderhede gevat en hulle het ñ waardasie op my voertuig wat ek wil inruil gedoen. 2 dae later moes ek die verkoops persoon self bel om uit te vind wat aan gaan. Toe gee die verkoops persoon my ñ belaglik lae aanbod vir my voertuig, ek het vir hom gesê dat hy verkeerd is en dat die waarde nie so laag kan wees nie. Toe se hy skielik dat die sisteem vir hom die verkeerde inligting gegee het, maar hy sal nou die regte besonderhede kry en my laat weet as hy vir my ñ deal het. Weer 1 dag later moes ek hom bel om te hoor wat aan gaan, toe se hy hulle is nog besig om vir my ñ goeie deal te soek. Hyt ook gesê dat die verkoops bestuurder my gaan bel, ek wag nou nog vir die oproep. 3 dae later het ek self weer die agent gebel en toe se hy vir my dat hulle sukkel om vir my ñ deal te kry. In die oproep toe se hy ook vir my dat my voertuig uit waarborg is en dis hoekom ek so lae prys vir my voertuig kry. Ek vra toe hoe is dit moontlik dat my voertuig uit waarborg uit is, die voertuig is dan nog nie eers ñ jaar oud nie. Hy se toe dat ek ñ diens gemis het. Ek se toe dis onmoontlik, die voertuig word elke 20000km gediens en hy het nog net een diens gehad en hy moet nog gaan vir sy 2e diens. Hy se maar dit is wat die sisteem se en die ou wat die waardasie gedoen het dit ook gese. Ek weet nie waar die mense hulle inligting kry nie maar elke keer wat ek bel om te hoor of hulle vir my ñ deal het is daar ñ nuwe verskoning. Dit lyk nie of die agent besigheid wil doen of bekommer oor kliente gelukkig hou nie. Maar ek het al ñ vorige keur ook ñ trappie af getrap met dieselfde agentskap. Hulle diens en terugvoering is uiters swak en ek sal niemand aanmoedig om enige besigheid daar te gaan doen nie. Pateties

0
Replies (1)
Imperial Auto
Imperial Auto's reply14 Nov 2017, 09:35
Official

Good morning Mr Van Zyl

The dealer concerned is not part of Imperial Select dealerships, on which HelloPeter page this post has been logged. I have copied this complaint and have forwarded it to Imperial Auto

Kind Regards

Mike Dovey. Customer Care Manager Imperial select Dealerships