1 reviews | Active since Mar 2013
BAD BAD BAD NEWS
Foon breek - 24 Augustus Toe ek die foon invat het ek vir hulle gese die kamera lyk of hy bietjie geskuif het want hy is nie meer in die middel van sy sirkel nie en dan net die ooglopende skade verder gewys. Hulle skryf dit als neer op die analiese vorm en vat die foon.
Laai foon op - 1 September. Hulle moet nog net nie battery check maar verder werk als 100% verseker hulle my. Ek merk toe n hele lys foute op terwyl ek werk met die foon.
Gaan weer in - 4 September Die mense agter die toonbank se die manager sal maandag 11 September daar wees en dat ek n afspraak het vir 09:00 met die manager en die technician so ek moet dan eers terugkom. Want ek weier om my foon weer in te handig want hulle vat te lank vir herstel waarop hulle antwoord is "but then you must prepare yourself for this and borrow a phone from someone" want hulle kan nie vir my n leenfoon gee terwyl hulle myne weer regmaak nie.
11 September. Ek gaan in en die manager is op n opleidingskursus wat niemand van geweet het nie. Is skierlik oornag gereël en hulle is vreeslik jammer. Hulle se toe hulle gaan die foon afskryf en dan n refund gee en die "write off" brief stuur sodat ons kan eis by die versekering. Hulle sou dit 10:00 binne n uur en half gestuur het.
12 September. Ons het steeds nie die damage report gekry nie. Die bestuurder van Brooklyn Wefix is weereens nie beskikbaar nie. Ons ****ak toe iemand by hoofkantoor wat ons verseker sy sal help.
13 September. Bestuurder kom haal die foon, bring hom 14:00 terug en se die probleme is uitgesort. En ons kry die damage report.
Wefix se dat as die versekering uitbetaal moet ons die foon terugvat sodat hulle al my parte kan terugsit en hulle parte vat dan betaal hulle die refund DADELIK oor in n kredietkaart in. Ekt gesê hulle moet die foon kom haal wat ek ry nie weer soontoe nie.
25 September vat ek die foon in en wag. Hulle technician was weereens nie daar nie. Die bestuurder ook nie. Hulle book toe die foon in en sê hulle sal hom by my skool kom aflaai voor vrydag 29/9. Ek los die foon toe daar.
28/9 ek vra wefix om my terug te bel omdat ek nie airtime het nie. Hulle sê hulle soek al van Maandag af my foon se parte maar is seker hulle gaan dit vandag kry. En verseker my ek sal my foon terughê voor more oggend 11:00.
29/9 ek het nie my foon ontvang nie.
30/9 11:00 my man het wefix brooklyn toe gery om die foon en die refund te kry. Geen manager was beskikbaar. Hulle sê hy moet n halfuur wag en rondloop en 11:30 het hulle die foon teruggegee. Hulle wou dadelik refund maar ons het nie n kredietkaart nie so hulle sê toe die refund gaan 7 werksdae vat. Ons kry ook n brief geskryf en geteken deur n wefix werknemer wat ons verseker dat ons die terugbetaling sal ontvang 6/10.
6/10 ons ontvang n oproep van die Operations Manager by wefix hoofkantoor in Kaapstad 10:49 om ons in kennis te stel dat "the refund will not be processed....it was declined" daarna het ons n verdere gesprek met haar gehad om uit te vind wat aangaan, sy kon onsnie vertel wat die rede was nie en sy het net gese "goodbye" en die foon neersgesit.
6/10 11:09 ons bel wefix Brooklyn om te hoor wat gaan aan en hoekom ons nie ons terugbetaling gaan kry nie. Sy beweer sy het gehoor daarvan en dat sy nou in gesprekke tree met hoofkantoor om hulle te probeer oortuig om ons terug te betaal.
6/10 11:30 ons bel weer hoofkantoor se griewe afdeling en hulle sê dat hulle ook gaan probeer om ons terugbetaling vir ons te gee want hulle het eers vandag van die weiering gehoor vanaf die Operations manager. Hoofkantoor sê hulle het vir wefix Brooklyn instruksie gegee om die parte deur te gaan wat hulle uit my foon uitgehaal het sodat hulle kan vasstel of als nog in werkende orde is sodat ons ons volledige terugbetaling kan ontvamg. Ons gee haar tot 13:00 om dit te doen anders gaan ons n verklaring afle met n klag van diefstal.
6/10 12:30 Brooklyn wefix bel terug en se ons moet n kredietkaart bring hulle wil die terugbetaling dadelik doen.
6/10 13:09 Wefix brooklyn betaal die refund terug op die kredietkaart sonder enige probleme.
So laaaaaaaang storie kort. MOET NIE WEFIX GEBRUIK VIR ENIGE HERSTELWERK NIE!!!!!!!
Goeie midday, Mnr De Beer
Ek is jammer om te sien dat u nogsteeds die behoefte gevoel het om ‘n oorsig te pos op HelloPeter oor u ervaring met ons, ten spyte van my suksesvolle resolusie van beide u klagtes die oomblik wat u dit onder my aandag gebring het - die eerste, u versoek vir ‘n gewysigde skade ver**** en die t****e die dispuut rondom u versoek vir terugbetaling van fondse.
Ten spyte hiervan, wens ek u net die beste.
Opregte groete,
Giselle Nareen - weFix
Goeie midday, Mnr De Beer
Ek is jammer om te sien dat u nogsteeds die behoefte gevoel het om ‘n oorsig te pos op HelloPeter oor u ervaring met ons, ten spyte van my suksesvolle resolusie van beide u klagtes die oomblik wat u dit onder my aandag gebring het - die eerste, u versoek vir ‘n gewysigde skade ver**** en die t****e die dispuut rondom u versoek vir terugbetaling van fondse.
Ten spyte hiervan, wens ek u net die beste.
Opregte groete,
Giselle Nareen - weFix
*middag
*middag
