1 reviews | Active since Jun 2018
Ifafi Aquatic Boat club
Goeie More , ek en my gesin , vriende en familie is gereelde besoekers en geniet die kamp , soveel dat ons reeds 2 naweke van die maand by julle gekamp het , maar die naweek het ons regtig n nare en onaangename naweek beleef ! ons het op staanplek 9 gestaan vir die naweek , lanks ons het n groot groep mense gestaan ( 9 tente op een stand ) wat groot lawaai gemaak het , en dit het aangegaan tot vier uur die volgende oggend ( saterdag oggend ) my vou en klein dogtertjies moes sit en toe kyk hoe n swart dame heeltemal naak uit haar tent stompel en drank uit n coolbox gaan haal en dan weer terug strompel na die tent , drank bottels le die hele plek vol , seks geluide kom uit 4 van die 9 tente !!!, braaihout sakke en plastiek winkel sakke waai die hele dam vol wat van hulle staanplek net op die grond gegooi word . dit was van so aard dat ander kampeerders wat lanks hierdie groep gestaan het net na 4 in die oggend opgepak het en die plek verlaat het . Dit is onder die bestuur se aandag gebring maar niks is aan die saak gedoen nie , ek meen dit is en was nog altyd n familie oord waar ons regtig kon agteroor sit en ontspan maar wat het van die reels geword ?
