JvdW
Johan van der Westhuizen

1 reviews | Active since Jun 2017

18 Jun 2017, 17:45

Geen diens.......

Ek wil graag die volgende klagtes onder mense se aandag bring:

Ek is Johan van der Westhuizen en ‘n inwoner van Swartruggens in die Kgetlengrivier Stadsraad.

My klagtes is as volg:

1. Anna-Marie Thysse van Ideal Prepaid wil nie die nodige sertifikate vir die kalibrasie van die kragmeterrs aan ons voorsien nie.

2. Anna-Marie Thysse wil nie vir ons die nodige bewyse gee om te bewys dat die meters SABS goedgekeur is nie.

3. Anna-Marie Thysse wil nie Ideal Prepaid se BTW fakture met Ideal Prepaid se BTW nommer aan ons besigheids mense verskaf nie.

4. Na massa oproepe na Anna-Marie asook sms’e maak sy net beloftes en dit is waar dit eindig.

5. Daar is ook baie eposse vir haar gestuur. Die eposse is beantwoord met beloftes maar geen aksie nie.

6. Anna-Marie Thysse het vir ons een sms gestuur waarin sy se ons moet ophou om speletjies met haar te speel. Sy moet dit nie as spletjies sien nie maar ons versoeke ernstig opneem. Hierdie proses is al vir die laaste 3 maande aan die gang.

7. Anna-Marie Thysse se diens is nie swak diens nie. DIS GEEN DIENS NIE. Haar arrogansie het net geen limiet nie.

8. Ons dink dat Anna-Marie Thysse geensins in ‘n bestuurspos moet wees nie want sy het nie die vermoe om dit te doen nie.

9. Ons het op Hello Peter gesien dat ons klagtes nie ongegrond is nie want daar is baie ander mense wat ons klagtes deel.

0
Replies (1)
IdealPrepaid
IdealPrepaid's reply19 Jun 2017, 09:49
Official

Goeiemore Mnr Van Der Westhuizen,

Ons is bitterlik jammer oor enige ongerief wat u beleef het.

Gee ons asb die agtergrond ten opsigte van die saak, sodat ons die nodige speurwerk kan doen om te bepaal wat in die betrokke saak gebeur het.

Stuur asb meer besonderhede na : *** so gou as moontlik.

Vriendelike Groete

Ideal Prepaid Bestuurspan