1 reviews | Active since Sept 2009
Bly weg, swak vakmanskap, oneerbaar.
Mr Blackie Swart en sy seun De Wet Swart het vir ons 'n stoor opgerig. Die stoor is ten volle betaal sedert Januarie 2023, Die vakmanskap was van uiterse swak gehalte. Die volgende probleme is ondermeer ondervind: Basiese meetwerk verkeerd - kolomme skeef, sweiswerk van lae gehalte, nuwe sinke vol duike getrap, lip channels is mis geboor - sinke vol gate. Slegs een poging van hulle kant af om te herstel, sonder sukses. Hulle neem geen verantwoordelikheid vir hulle geknoei nie, oproepe en selfoon boodskappe word nie beantwoord nie. Bly weg, doen eerder besigheid met iemand wat trots is op hulle werk. Moenie ten volle betaal tot alles afgehandel is nie. Ek sien ons is nie die eerste nie, jammer ons het nie vroer op die platform gekyk nie.
