1 reviews | Active since Apr 2013
Swak diens
Hyundai South Africa Wat staan ons te doen of kan iemand dalk raad gee. Ek probeer telkemale om julle in die hande te kry om ñ klagte te rapporteer . My ma het in Aug 2020 vir haar ñ nuwe I10 automaties gekoop. Op 4 Maart 2023 is haar karretjie afgeskryf en sy wil weer ñ Hyundia koop. Sy besoek toe Hyundai Roodepoort waar sy weer ñ I10 automaties ****ant wil koop. Hulle bevestig daar is slegs ñ demo Atos automaties met central locking. Maar die kar is soos nuut aangesien slegs een verkoopspersoon hom gery het.Sy ontvang die kar 4 April 2023. Is toe nie gelukkig met die kar en al sy foute nie. Sy ****ak hulle onmiddellik en noem aan hulle dat daar duike op die "bonnet en petrol cap" is en dat hulle nooit die kar gevalet het vir haar nie. Oliekolle op agterste sitplekke. Kar loop agter uit as sy moet weg trek. Hulle sê sy moet die kar inbring. Hulle maak die duike reg maar nooit gevalet nie of die agteruit loop reggemaak nie. Hulle sê iets by die agterwiele het "gesnap" maar die part is bestel en sal eers oor 3 weke arriveer. Tot vandag toe wat maande is nog geen part gekry nie. Sy het ****ant R198000 betaal. Kry kar terug paar dae daarna gaan die ABS liggie aan kar is weer terug na die werkswinkel toe. My ma sê vir hulle sy gaan die kar AA toe vat aangesien hulle die kar onder valse voorwaardes aan haar verkoop het. Hulle sê dadelik vir haar hulle sal die kar omruil vir haar vir iets anders . Die volgende moment s***el iemand haar en noem aan haar dat sy ñ groot som geld moet inbetaal wat sy nie het nie. Die kar het ook nooit central locking gehad nie. Ek gaan saam haar na die Dealer Principal toe oor al die klagtes vd kar. Hy sê hy sal van sy kant af vir haar die central locking installeer. Hy lig ons in dat daar nog nooit werkskaarte geopen was vd foute op die kar nie. Op die stadium is ons bewus gemaak van ongeruimdhede wat plaasvind aangesien daar geen werkskaarte geopen was nie. My ma het tot vandag nog geen diensboekie vir die kar ontvang nie en maande na die tyd is die kar nogsteeds op Hyundai Roodepoort se naam en nie op haar naam nie en die roadworthy het ook al verval. Twee weke terug wil die kattebak glad nie van binne en buite oopmaak nie en die alarm bly dag en nag afgaan vd kar. Weer is die kar terug na die wekswinkels toe. Na drie dae kry ons die kar terug. Twee dae daarna wil sy ry met die kar toe wil hy glad nie aans***el nie. Bel hulle weer. Hulle kom haal die kar en herlaai die battery. Hierdie week eers hom teruggekry. My ma is 80 en kan nie op haar ouderdom so sukkel nie. Ons soek graag verslae vd kar om die saak verder te neem maar kry niks verslae nie. Almal belowe die son, maan en sterre maar kom nie na vore nie. Sy kan ook nie met ñ kar sit wat agteruit loop nie hoekom dit nie vir haar gesê van die begin nie. Ons het al die name vd verskillende persone waarmee ons al gedeel het. Ons voel dit is uiters ñ swak beeld van Hyundia. Ek is gedwing om die saak op social media te sit aangesien niemand ons kan help nie.
