MC
Maryke C

1 reviews | Active since Dec 2022

30 Dec 2022, 09:18

Swakste diens asook produkte

Swakste diens ooit gekry. Het die 15de November geskenke by hulle bestel. Twee keer die verkeerde Faktuur ontvang, na ek die regte een gekry het, het ek dadelik betaal. Na ek my betaling gemaak het, heet ek glad nie weer enige komunikasie van hulle ontvang deur te se hoe die bestelling vorder nie. Dominique het ook gese sy sal die ontwerp voorbeeld vir my stuur, maar niks ontvang nie. Sy het ook belowe ek sal die geskenke kry voor 2 Desember. Niks ontvang nie. Ek het my "last resort" gekies en vir hulle gemail en gese nou neem ek verdere stappe deur 'n prokureur te nader. Binne 2 sekondes het sy my terug gemail en gese die courier tel vandag op. Dit was ook n leuen, want courier het eers 2 dae later opgetel. ek het my geskenge die 12de Desember gekry, glad nie wat ek gevra het nie, en ook beskadig. Sal hulle glad nie weer ondersteun nie asook nie aanbeveel nie. Support Local is ook nie altyd die beste opsie nie.

0
Replies (1)
Houterasies
Houterasies's reply30 Dec 2022, 10:34
Official
Goeie more Maryke
Ons is so jammer om te hoor oor jou ondervinding.
Neem asb kennis dat ons op 12 Desember wel 'n epos terug gestuur het aan jou om te vra vir fotos sowel as waarmee jy nie gelukkig was op die tumblers nie.
As jy asb hierdie inligting vir ons kan aanstuur dan sal ons onmiddelik werk maak daarvan en vir jou vervang.
Sien uit om van jou te hoor en jou ongelukkigheid kan omkeer.