1 reviews | Active since Jun 2021
Horlosie werk nie en krap op glas
Ek stuur e-posse aan julle en dit bly onbeantwoord. Ek het onder andere 'n houthorlosie vir my man bestel wat ek vir hom wou gee as 'n geskenk op ons troudag. Julle is al die 28ste Mei 2021 per e-pos ingelig van die krap op die horlosie se glas en julle het toe al per e-pos bevestig dat julle die horlosie sal vervang. Op die dag van ons troue, 29 Mei 2021 toe ek die horlosie vir my man gee (met die krap op want daar was nie tyd om dit te vervang nie) het die horlosie ook nie gewerk nie. Dit was uiters teleurstellend - hy kon dus nie die horlosie op ons troudag dra nie. Ek het julle laat weet nadat ons van honeymoon af gekom het (7 Junie 2021) dat die horlosie ook nie werk nie. Julle het al verskeie kere bevestig dat julle die horlosie sal vervang , telefonies asook per e-pos maar kom nie julle woord na nie. Huidiglik ignoreer julle my opvolg e-posse. Die horlosie is steeds tot vandag toe (9 Julie 2021) nie vervang of herstel nie.
