1 reviews | Active since Apr 2013
Very poor Customer relations and service

From: Rudolph Pretorius **********
Sent: 28 June 2016 21:52
To: ********** ********** /> Subject: Klagte: Uiters swak diens en hulpvaardigheid

Wie dit mag aangaan,

Met verwysing na aankoop van items: Me. M Pretorius, ID: 571 ********** 081.

Op 2016-06-06 het Me. Pretorius n bestelling geplaas vir n New Brooklyn, 20 stuk, Super Luxury Comforter stel plus Embroidered Comfy Flat Sheet (Queen Size), 2x Continental pillows,

Three piece throw set (116835) en n Ultimo Stand Mixer soos geadverteer in Junie 2016 katalogus met n totale waarde van R 9696,00 wat dieselfde dag in julle rekening inbetaal was.

Op 2016-06-06 (10:39) is n SMS vanaf Homechoice ontvang ter bevestinging van die bestelling met verwysing # ********** 4.

Op 2016-06-08 (08:13) is n SMS ontvang ter bevestiging dat die bedrag deur Homechoice ontvang is.

Na verloop van ongeveer n week daarna het sy weer telefonies met Homechoice ges***el waarop gese was dat die bestelling nog nie opgemaak is nie aangesien Homechoice nog wag vir

die mengers.

Ongeveer n week daarna het sy weer met Homechoice ges***el en met Abdul gesels wat bevestig het dat die bestelling nou volledig opgemaak is en dat dit die volgende dag uitgestuur

gaan word en dit binne 2 weke daarna sal ontvang. Sy het dit ook aan hom gestel dat ons met vakasie gaan op 9 Julie en daar dan niemand by my huis sal wees nie. Hy het haar gerus gestel

dat dit binne twee weke afgelewer sal wees.

Op 2016-06-23 (14:55) het sy drie keer met Homechoice ges***el aangesien daar nog geen vordering was nie en sy ook nog geen SMS ontvang het dat die bestelling afgestuur is nie.

Elke keer het sy tot vervelens toe aangehou om met iemand te praat. Einde ten laaste kon sy daarin slaag om met Mellisa Oliver te praat wat nie juis vriendelik en behulpsaam was nie.

Mellisa het toe aan haar gese dat die 20 stuk nie meer beskikbaar is nie en dat sy maar tevrede moet wees met die 16 stuk stel sonder die “Quilted 3 ply plush blanket”, Free gown en free slippers.

Aangesien Me Pretorius reeds geruime tyd op die foon besig was en die selfoon oproepe haar alreeds n aardige bedrag kos om Homechoice se nalatigheid te probeer uitsorteer het sy versoek dat Melissa haar moet s***el. Melissa het egter botweg geweier en gese dat sy niks daaraan kan doen nie en gese dat sy slegs sal terugs***el indien Me Pretorius die 16 stuk sal neem. Me Pretorius het toe geen keuse gehad as om die 16 stuk te aanvaar nie en om die verskil in bedrag op te maak maar die “Quilted 3 ply plush blanket” (116711 ter waarde van R 799) en die “One piece voile curtain (116606 ter waarde van (R 149) aanvaar. Melissa het bevestig dat sy op die stelsel opgesoek het en dat alles wel beskikbaar is en dat die bestelling binne 75 uur afgestuur sal word.

Op 2016-06-27 (15:16 tot 15:46) nadat daar nog geen SMS ontvang is dat die bestelling afgestuur is nie het sy weereens met Homechoice ges***el en na n geruime tyd daarin geslaag om met Natalie te praat. Natalie het egter geweier om haar van te geen maar haar verwysing # 15065 verskaf. Natalie het toe weer gese dat die 16 stuk ook nie meer beskikbaar is nie en net die 13 stuk beskikbaar

Is. Dit is egter onaanvaarbaar aangesien hierdie bestelling GEENSINS aandag geniet nie en elke keer word daar net ander verskonings gegee om die UITERS SWAK diens van Homechoice te probeer

toesmeer. Sy het Natalie, wat nogal baie hulpvaardig en simpatiek was, duidelik laat verstaan dat sy uiters ontevrede is met die swak diens. Natalie het belowe dat sy sal kyk wat sy kan doen en dan

binne twee ure sal terugvoering gee. Sy het egter nie terugges***el nie waarna Me Pretorius weer om ongeveer 16:30 Homechoice ges***el – telefoon het herhaardelik gelui maar geen antwoord gekry nie.

Op 2016-06-28 (11:10 tot 11:26 ) het Me Pretorius met Homechoice ges***el en praat met Lisa (wat hulpvaardig en vriendelik was) en versoek om met Natalie te praat- sy is versoek om aan te hou. Lisa kom weer terug na ongeveer 4 minute en se dat Natalie nie beskikbaar is nie. Me Pretorius verduidelik weer die hele aangeleentheid aan Lisa. Lisa bevestig toe dat die 16 stuk ook nie meer beskikbaar is nie. Sy se toe ook dat hulle nog wag op voorraad vanaf die Warehouse. Me Pretorius versoek om met die bestuurder te praat – hou aan. Kom nie weer terug nie en die oproep word beeindig.

Ek het toe persoonlik om 11:27 (tot 11:40) met Homechoice ges***el en praat met Brigette gepraat. Die hele aangeleentheid is toe weereens aan haar verduidelik waarna sy bevestig het dat die 16 stuk nou skielik weer beskikbaar is. Ek het versoek om met die Bestuurder te praat. Sy het my laat verstaan dat die Bestuurder nie beskikbaar is nie. Sy sal egter n boodskap laat dat hy my moet s***el.

Ek het aan haar verduidelik dat ek nie tevrede is met die diens van Homechoice nie en dat ek hierdie aangeleentheid met die Media, Facebook, Hello Peter en alle moontlike middelle tot my beskikking gaan gebruik om Homechoice se swak diens so wyd moontlik aan die publiek bekend te maak indien die problem nie vandag opgelos word nie.

Om 15:36 tot 15:46 het Me Pretorius hehaaldelik met Homechoice ges***el omrede die “Bestuurder” nie nie die moeite gedoen het om te s***el nie. Sy praat toe met Abdul en vra om met Brigette

Te praat. Abdul vra om aan te hou. Kopm egter nie terug nie en na 6 minute het sy maar die foon afgelui.

Dit is ook onaanvaarbaar dat die verkoopspersoneel nie die moeite doen om terug te s***el om hierdie probleem op te los nie – (Hulle gebruik die “hou aan asb.” net om hulle verpligtinge te ontduik want hulle weet dat die klient nie vir ewig sal aanhou nie)

Dit is uiters swak, arrogant en onbedagsaam dat n Bestuurder (Indien hy wel deur sy werknemers in kennis gestel is) nie bereid is om probleme met sy kliente op te los nie.

Ek koop nie die storie dat hy na vele versoeke om met hom te praat net nooit beskikbaar is nie. Inteendeel dit bewys net dat Homechoice nie hulle “Visie en Waardes” nakom soos uiteengesit

op hulle webblad nie:

Our values

We have adopted five key values that underpin the way we think and do business:

· Customer delight – We will put our customers first in everything we do.

· Excellence – We will continuously assess, adapt and improve while being accountable and professional.

· Integrity – We will be transparent in our dealings, upholding moral, legal and ethical codes.

· Teamwork – We will be united in purpose and action, turning our diversity, s****s and experience into a source of strength.

· Innovation – Through our courage and initiative, we will identify and implement new opportunities and ideas that will successfully shape our future.

Ek is uiters teleurgesteld in Homechoice en verwag dat hierdie skrywe die nodige aandag sal geniet.

Groete,

RCJ Pretorius

(Cell: ********** 994)

Up to date still no response !!!!!!!!