MS
Marianne S

1 reviews | Active since Jun 2015

15 Jun 2015, 17:48

Onaanvaarbare optrede van Hi-Fi Corporation

Ek het 'n Samsung TV (40EH5300 FHD LED SMART), met 'n ekstra 5 jaar waarborg op 2 Oktober 2014 by Hi-Fi Corporation in Somerset West gekoop. Die TV het begin probleme gee deur net klank, sonder beeld te speel, waarna ek dit terug geneem het vir herstelwerk en 24 dae sonder geen TV moes wag. Die hersteltydperk is enige iets van 7 tot 21 dae.<br> <br> Tot my groot teleurstelling begin my TV nou weer presies dieselfde probleem toon. Ek het dit via 'n telefoniese gesprek onder die aandag van die bestuurder gebring met die hoop dat hy my tegemoet sou kom. Hy het my meegedeel dat ek my TV 'n t****e keer moet inbring vir herstel, d.w.s. ek moet weer vir twee weke sonder TV sit. Volgens die bestuurder sal hulle eers na die derde herstel optree en die item vervang.<br> <br> Dit grief my dat ek vir drie keer dieselfde probleem moet ervaar voordat hulle enigsens die item vervang. Dit is vir my totaal onaanvaarbaar. Ek het geen ander keuse as om hierdie brief te skryf nie en hiermee vra ek dat die bestuurder hulle prosedure sal hersien, want dit maak ons as kopers bitter ongelukkig.

0
Replies (1)
Hi-Fi Corporation
Hi-Fi Corporation's reply17 Jun 2015, 08:52
Official
Hello mlscheepers,

Ons het u klagte ontvang en sal u binnekort ****ak in die verband, om die saak te bespreek.

U verwysings nommer is: 718389

Vriendelike groete
Customer Resolution Center