DW
Daleen W

1 reviews | Active since Feb 2026

10 Feb 2026, 15:14

Ek wil net ander mense sê om mooi te dink!

Ek het my stoompot vir myself vir Kersfees gekoop 24/12/2025. Ek kon eers 3/01/2026 kans kry om my eerste kos in my 6L Russel Hobbs stoompot te kook. Na die eerste kook in die pot, smelt die handvatsel van die pot. Ek bly op Despatch en kon eers die saterdag 10/01/2026 die pot terug vat Hi-Fi Corporation toe. toe ek daar kom se hulle vir my dit is 17 dae na ek die pot gekoop het so hulle kan hom nie omruil of my geld terug gee nie want ek moes dit binne 14 dae terug gebring het. ek probeer verduidelik dat ek sukkel met vervoer, maar hulle het nie eens geluister nie. Ek bel gereeld dan het hulle nie eens die pot al vir die vers****** gegee nie, of hulle het nog niks gehoor nie. of hulle wag nog of watse verskoning ook al. gister 09/02/2026 was die 21 dae om en nog steeds het hulle nie 'n antwoord vir my nie. ek is raad op, dit gaan nou vir die 2de maand na ek die pot gekoop het wat ek nog niks weet nie. hoe kan ek my geld terug kry om op 'n ander plek vir my 'n pot te gaan koop. ek is rerig nou moedeloos. dit was my kersgeskenk.

0
Replies (1)
DW
Daleen W's update11 Feb 2026, 05:07
Reviewer Update
Dit is Hi-Fi Corporation, Greenacres, Port Elizabeth