EC
Elzette C

1 reviews | Active since Nov 2015

06 Nov 2015, 13:19

Hedgehogs4U

Ek het op 15 Okt 2015 'n pygmy hedgehog by die eienaar van Hedghogs4U (Ronel) gekoop. Die varkie byt my en na vele gesprekke het Ronel aangebied om die varkie vir my om te ruil met 'n ander (veel duurder) varkie. Op 3 Nov (10:45) het sy gese ons kan hom die 14de Nov kom haal. Dieselfde dag (18:20) het sy my laat weet ons kan hom al 7 Nov kom haal as dit makliker sal wees. Ek het gese ek sal haar laat weet. Op 4 Nov (22:25) het sy my gevra ek moet haar op die laatste die oggend van 5 November laat weet of dit reg is want sy moet tye reel met ander kliente ook. Om 00:15 daardie selfde aand het ek haar laat weet dit is reg ons sal daar wees op 7 Nov tussen 09:30 en 10:00. Ewe skielik het sy my begin slegse omdat ek heeltyd met my man moet reel om my te vat om die varkie te gaan haal (omdat ons net een motor het en hy naweke ook werk). Sy was vieslik en heeltyd op die aanval nadat ek oor en oor vir haar jammer gese het vir wat ookal ek konsuis verkeerd gedoen het. Sy het gese ek moet die varkie hou, sy gaan hom nie meer vir my omruil nie want sy gaan niemand smeek nie! Ek het al haar whatsapps as bewys van alles wat gese is. Sy hou nie haar woord nie en gaan jou nie help na die tyd nie

0
Replies (0)