1 reviews | Active since Nov 2016
Swak diens in Kuilsrivier deur JP de Waal - Handyman -

19 November 2016

Aan: Hellopeter

SWAK DIENS DEUR HANDYMAN - Kuilsrivier

Na ‘n jaar se twyfel of ek moet voortgaan met die oplossing van hierdie probleem het ek besluit om u te ****ak om raad te kry.

Ek het in 2015 vir JP de Waal ge****ak na ‘n advertensie in ons Tygerburger, ‘n plaaslike koerantjie ivm werk aan my badkamer. Hy en nog ‘n manspersoon het kom kyk om ‘n kwotasie te gee. Ek het, indien u dit sou benodig, die kwotasie en ook my emails aan JP in my besit. Die kwotasie was vir R4465.00.

Ek het vir JP ge****ak en dis gereël dat hy die werk op 14 Desember sou kom doen.

Op Maandag, 14 Desember die oggend het hy my ge****ak, sy werksmense het nie opgedaag nie. Dinsdag daag hy op met 2 werkers met al die gereedskap in sy privaat motor. Die werkers het op hul eie in badkamer gewerk, die cretemix is in ‘n emmer in my badkamer aangemaak, met ‘n gemors binne in bad en op vloer. JP het omtrent heeldag op sy selfoon op ‘n stoeltjie buite die badkamer gesit. Halfpad gekom en gelos die namiddag, hulle sou Donderdag weer kom, Woensdag die 16de Desember is vakansiedag.

Donderdag hier aangekom, JP self het begin skuur aan muur buitekant stort wat in kwotasie was om dit na afskuur te behandel met ‘n waterproof behandeling, en weer te verf. Ek was ‘n oomblik uit om dorp toe te gaan vir inkopies. Toe ek terugkom, is my hele mat waar hy geskuur het onder ‘n wit poeier, hy vra toe vir stofsuier, en sonder om te dink gee ek my stofsuier vir hom. Al daai gemors is toe opgesuig, die nadraai was dat my man 3 keer vir parte moes ry om te probeer om die stukkende stofsuier wat toe verstop het weer reg te kry. Dit is nou nog nie reg nie.

Groot was my teleurstelling oor die treurige manier waarop dit gedoen is. Die cornice bo is pateties gedoen, elke las kan gesien word, die hoeke kom nie eers bymekaar nie, die een hoek is laer as die ander een. Die bad het merke op van die gom wat gebruik is met die ceiling, wat ek met ‘n gesukkel gedeeltelik kon afkry. Volgens kwotasie moes hy 2 lae verf op die badkamer muur sit, maar is daar net een laag opgesit, ek self het die duur verf voorsien. By die vensterrame is van die verf bo-oor die houtrame geverf, die stortmuur bo-op was glad nie geverf nie en die stukke afval van die ceiling het nog daarop gelê. Die stort moes ge waterproof word by die uitlaatgat, wat nie gedoen is nie.

Aan buitekant van badkamer bo-op dak moes hy na die hoeke kyk en dit waterproof. Toe my man met ‘n leer gaan kyk en ‘n foto neem, kan mens duidelik sien dat JP net ‘n bol skuim daarin gespuit het en dit waterproved noem!

Ek het na baie stres op 23 Desember 2015 vir hom ‘n mail gestuur om te verduidelik waarmee ek ontevrede was.

Sy antwoord was dat hy die cornice sal kom regmaak in nuwe jaar 2016, wat ek nou nog nie weet hoe mens polistireen cornices kan regmaak nie. Ek het hom geantwoord en aangedring dat cornices vervang moet word, waarop hy laat weet het hy sal dit kom regmaak maar nie vervang nie, en toe nooit weer opgedaag het nie.

Intussen het die binne muur weer begin blase maak, sy reaksie hierop was dat hy net vir afskuur en verf gekwoteer het en as verf weer afdop is muur nat en kan hy niks daaraan doen nie.

JP het my en my man se selnommers geblok en ook sy emailadres, as ek hom bel van ‘n vreemde nommer af dan het hy geantwoord, na herhaalde kere se probeer om hom te ****ak, het ek eers gedink om als te los maar as ek dink aan die geld wat in die water gegooi is en hy my hele maand se pensioen betaal is, ****ak ek nou vir u om te help asseblief en raad te gee wat ek moet doen. Ek sal beter voel as ander onskuldige pensioenarisse nie in dieselfde strik trap nie.

JP van der Walt se besonderhede is: Selnr: ********** 186

E-mail: JP de Waal ********** **********

Baie dankie by voorbaat.

Mev JH Swart (Noemnaam Ohna)

My email adres is :

ohna1.@ gmail.com

Huistelefoon: ********** 673

Selnr: **********

Adres: Uilstraat 11

Kuilsrivier

7580