1 reviews | Active since May 2022
Worst aftersale service !
Net my gevoel op die oomblik... Ek lys slegs feite en kan alles bewys.
Ek het die bakkie die 13 Januarie 2023 gekoop. Dit is n 2021 Toyota Hilux GD6 2.4, hy het slegs 16 000km op gehad. Die verkoopsman het my so goed hanteer dat ek vir hom gese het ek betaal R300 per maand meer en koop die bakkie by julle in plaas van n ander handelaar want julle diens was puik.
My moeilikheid het begin alreeds om my nommerplate by hul te kry, finally n maand later nadat hy n fout gemaak het kom ons noem dit "misverstand" soos hy aan my gestuur het, het ek dit gekry.
Die 3de Maart 2023 laatweet ek die man dat my bakkie gebreuk het,slegs 49 dae nadat ek hom gekoop het, ek meen die voertuie kom met n 6 maande GYS PITZER waarborg uit reg??
Die verkoopsman het sy skouers opgetrek en gese die bakkie het n fabriekswaarborg ek moet dit met hulle uitsorteer. Eerstens wat is dan die doel van die 6 maande waarborg? Die voertuig word gebruik vir besigheid en ek is nou voertuig loos, die bakkie is wel by Toyota maar dit is ook nou presies 49 dae later wat ek steeds sit sonder n voertuig weens hulle die turbo en engine moet vervang op slegs 21 000km...
Al wat ek versoek het is n tydelike voertuig sodat ek kan aangaan met my besigheid. Ek het die man die 3de April laatweet dat ek steeds nie reg gekom het nie en tot vandag toe nog nie eers my boodskap gelees het nie, al wys en is hy elke dag online...
Ek is raad op en moedeloos. Ek veloor inkomste en my punt is net dat die diens voor mens n voertuig koop en na mens die voertuig gekoop het verskil dag en nag...
Ek plaas my nommer indien iemand feite wil he ek stuur graag alles aan. ***
