JJ
Jan J

1 reviews | Active since Apr 2026

20 Apr 2026, 17:56

TERUGVOER MBT DIE VERKOOP EN KOOP VAN FORTUNER VOERTUIE BY GYS PITZER - SILVER LAKES

TERUGVOER MBT DIE VERKOOP EN KOOP VAN FORTUNER VOERTUIE BY GYS PITZER - SILVER LAKES. Ek het uitstekende diens van Gys Pitzer Motors by Silverlakes ontvang. Ek het nog min in my lewe sulke proffesionel diens en hulp ontvang. Die hele transaksie wat die inruil van my voertuig en die koop van ‘n nuwe voertuig behels, met al die administrasie, finansiering en versekering is afgehandel binne ‘n rekord tyd. Daar is kennis geneem van ‘n spesiale versoek van ‘n bullbar en selfs dit was nie te groot moeite nie en is geinstalleer binne ure. Die voertuig is selfs by my huis afgelewer. Ek wil graag spesiale melding maak van die verkoopsbestuurder Andries Joubert en ook die verkoopsman Jaco Human wat uit hulle pad gegaan het, om hierdie transaksie so vinnig en glad te laat verloop het. Julle vriendelike geaardheid, mooi gesindheid en uitstekende professionalisme en kliëntediens het dit net ‘n plesier gemaak om met julle besigheid te doen. Ek kan julle diens by enige persoon aanbeveel. Nogmaals baie dankie. Groete.

0
Replies (1)
Gys Pitzer Motors
Gys Pitzer Motors's reply21 Apr 2026, 09:24
Official
Good day
Thank you we appreciate your feedback