1 reviews | Active since Aug 2020
Oneerlik en arrogant
Ek het 'n Hyundai H100 bakkie by Gys Pitzer motors gekoop. Die bakkie moes verskeie kere terugggaan vir foute. Die verwarmer werk nog steeds nie. Die RH agter band het stadig pap geword. Hulle het toe die band regggemaak, maar die eerstekeer(25-07-2020) wat ek met die voertuig ry het die band weer pap geword. Toe ek die band ondersoek was dit vol krake. Dit sou defnitief gebars het en die binneband wat hulle ingesit het, het aan die velling kant gate ingehad. Toe ek die spaaarwiel wou opsit het dit nie gepas nie. Ek het Gys Pitzer ges***el en hy het een van sy mense, Pierie, gekry om my terug te s***el. Pierie was baie verskonend en het vir my gese om 'n velling en twee nuwe bande te gaan koop en om die rekening vir hom te stuur. Hulle het nie iemand gehad om my te help nie. Ek het die bande by Tiger Wheel & Tyre Woodmead gaan koop en die velling by Hyundai Woodmead. Hulle het egter net vir die bande betaal en gewyer om vir die velling te betaal. Gys Pitzer het gese ek moes hulle eers ges***el het voor ek die velling gekoop het want hulle kan baie goedkoper vellings kry en ek moes dit nie by die agent gekoop het nie. Hy was baie arrogat met my oor die tellefoon en dit het gevoel of ek die skuldige party is. Ek voel hulle was oneerlik want hulle het die band herstel wetende dat die band in 'n baie swak toestand was. Dit kon 'n lewe of lewens gekos het.
