MS
Melissa S

1 reviews | Active since Apr 2013

04 Dec 2024, 19:49

I would like to write a review about Gys Pitzer Motors

I would like to write a review about Gys Pitzer Motors. Die groot dankie gaan aan Quentin Grobler, n bobaas verkoopsman in hart en siel! Quentin KAN planne maak, en dit het 4 dae geneem, van die eerste oproep 19:00 in die aand, tot my nuwe Renault Duster afgelewer word, amper 500km later. Alles het vinnig en seepglad verloop, met die hulp van Shona en Oom Hannes. Shona, dankie vir al die papierwerk en oom Hannes wat bitter vroeg opgestaan het om in die pad geval soday hy my nuwe kar, by my werk te kom aflewer. Quentin het na my behoeftes geluister, en het uit sy pad gegaan om my motor premie bekostigbaar te hou, en daarvoor is ek baie dankbaar! Quentin se woord is sy eer en kan vertrou word. Ek sal defnitief weer van sy dienste gebruik maak. Gys Pitzer Motorhandelaas se diens is puik en enige iemand kan met die grootste gemoedsrus by hulle n motor koop! 10/10 vir die goeie ervaring!!! Met dank Melissa Strydom

0
Replies (1)
Gys Pitzer Motors
Gys Pitzer Motors's reply04 Dec 2024, 20:08
Official
Hallo Melissa
Baie dankie ons waardeer jou terugvoering, mooi aand.